ToekomsVenster: Hy is ’n Helper

Foto: J W/Unsplash.com

Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare. – Ps. 34:5

Die Heilige Gees is ons Trooster, ’n advokaat, tussenganger, bemoediger, trooster, helper.

Jesus verseker die dissipels dat dit tot hulle voordeel is dat Hy weggaan. Die gedagte dat Jesus nie meer fisies by hulle gaan wees nie ontstel hulle. Hulle is hartseer en ontsteld. Jesus verseker hulle dat die nuwe dispensasie wat aanbreek, die koms van die Heilige Gees hulle sal bemagtig vir die taak en roeping wat Hy op hul lewens geplaas het.

Die Heilige Gees sal benewens verskeie ander dinge ook Helper wees. As Helper kom staan Hy langs gelowiges en lei hulle met raad en insig. Hy gee onderskeidingsvermoë sodat ʼn mens kan verstaan waaroor dit regtig gaan.

Ons hoef en kan nie in eie krag volhard nie. Wat uit ons self is, is tot mislukking gedoem. Wat uit die Gees is het ewigheidswaarde. Galasiërs roep ons op om die Heilige Gees toe te laat om ons gedrag te bepaal.

Daar kom tye en geleenthede in ons almal se lewens waar ons die Helper besonder nodig het. Hy stuur mense as sy verteenwoordigers en rus hulle toe om ons by te staan en te bedien. Die omgekeerde is ook waar. God die Heilige Gees, die Helper, werk meermale deur die hande, voete, mond, oë en ore van sy kinders. Daar is ook ʼn diepere dimensie van hulp wat nie met die blote oog waargeneem kan word nie. Dit is ʼn rustige wete dat ʼn mens ʼn saak in die hande van die Here kan los.

Hy sál help. Ps. 34 vertel daarvan.

Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ‘n mens aan my doen? – Hebreërs 13:6

Jy kan die Here vertrou met jou uitdagings. Hy sal jou nie teleurstel nie. Sy hulp kom somtyds op verrassende maniere na jou.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir die al die mildelike gawes. Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.