God is liefde. Juig ons harte en bedink wat liefde doen. Dat Hy ons sy Seun gegee het om ons sonde te versoen.
Ek is seker jy ken die bekende lied. God is die vergestalting van ware liefde. Filippense leer ons dat Jesus sy bestaan op “Godgelyke wyse” nie beskou het as iets waaraan Hy ten alle koste moes vasklem nie, maar dat Hy sy lewe gewilliglik gegee het. Dis die aard van liefde. Dis selfprysgawe.
Liefde is grensloos en radikaal. Dit sluit niemand uit nie. Uiteraard is daar mense wat nader aan ʼn mens staan as ander. Jy het jou eggenote en familie anders lief as ander mense. Ons liefde kring in konsentriese sirkels uit na buite.
Liefde sluit in, nooi nader en om te behoort. Liefde draai nie ʼn dowe oor nie. Ons moet so lief hê omdat God in Christus ons kom insluit het. Hy nooi ons uit om deel te hê aan sy Koninkryk. Suid-Afrika het hierdie soort liefde broodnodig.
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za
… Liefde is grensloos en radikaal… Dominee waar in die Bybel staan dit? Of is dit ingevoeg in jou geloofsgroep se #Nuwe OrdeMeMe-Handleiding vir volgehoue wereldchaos?