ToekomsVenster: ’n Wonderlike wêreld

see_oseaan_sonsondergang_pixabay_stiltetyd.jpg

(Foto: Pixabay)

Daar is die see, groot en wyd, wat wemel van diere, klein en groot. – Psalms 104:25 (AFR83)

Ons het hierdie week lekker gekuier met verwysing na metafore wat ons by die see aantref.

Ek moet erken dat ek, benewens die feit dat ek ver van ʼn kranige swemmer is altyd op my hoede is wanneer ek die see aandurf. Ek gaan nie te diep in nie, maak seker dat daar ander mense rondom my is, kyk dat die veilige strand binne bereik is, loer waar die lewensredders hulself bevind en bly binne die bakens wat gestel is. Die see is nie jou speelmaat nie en ʼn mens moet respek daarvoor behou.

Ek bewonder mense wat manhaftig op die golwe kan ry, dit is ʼn pragtige aan aanskoulike affêre. Ek bewonder lewensredders wat sonder vrees die see aandurf ten einde mense in nood uit die water te gaan haal.

Die see is ʼn lewende organisme. Duiselingwekkende hoeveel spesies seediere maak hulle daarin tuis. Die gevaar om deur ʼn haai bygekom te word, is nie teoreties nie. Derhalwe swem jy waar daar nette is en is in elk geval bewus van wat rondom jou aangaan.

Wie word nie beïndruk deur spelende dolfyne in die water nie? Wie bewonder nie die walvisse wat grasieus deur die water gly nie? Van die kleinste tot die grootste, die see bied ʼn tuiste vir almal.

In die onlangse verlede was die gemeenskappe rondom die wilde kus ontsteld oor seismiese toetse wat deur ʼn bekende olie maatskappy uitgevoer is. Na die beste van my wete is dit vir eers opgeskort. Een van die redes wat aangevoer was, was juis die voortbestaan van unieke spesies lewe.

Die see is ʼn bron van voedsel en voortbestaan vir baie. Dit laat my dink aan hoe dikwels Jesus Homself en sy dissipels op of naby die see van Galilea bevind het. Ek dink aan die wonderlike visvangs toe die dissipels na ʼn nag van teleurstelling op aanbeveling van die Here hul nette aan die anderkant van die boot ingegooi het. Die verhaal is bekend.

Ons moet respek hê vir lewe in watter vorm dit ook al aangebied word. Romeine vertel dat die ganse skepping, net soos die Gees en net soos ons, die kinders van die Here in barensnood verkeer vanweë die verwaarlosing en uitbuiting van lewensbronne. Die see is een daarvan.

Om Jesus te ken is konkreet en toepasbaar. Die aarde en alles wat daarop is behoort aan die Here. Kom ons pas dit op.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.