ToekomsVenster: Op weg na heelheid

iefde-trou-ringe-blomme

Foto: Nick Karvounis/Unsplash.com

Ons sluit ons kort reeks voorlopig af deur te verwys na ʼn unieke huweliksterapie en groeimodel met die naam Imago. Ek kan dit ten sterkste aanbeveel omdat ons almal op ʼn trajek van groei is en moet wees en deel het aan ʼn stukkende wêreld.

Nog die man, nog die vrou in ʼn huweliksverbintenis is in alle opsigte gesond en heel. Die lewe, soos ʼn vorige keer gesê, gee aan ʼn mens af en dit laat stukkende plekke. Ons is almal op weg na heelheid.

Dié besondere model gaan van die verstandhouding uit dat die huwelik eintlik ʼn Goddelike afspraak (divine conspiracy) is. Die Here weet uiteraard wat nodig is dat ek my volle potensiaal kan bereik, ook gesond kan word en daarom het hy hierdie vrou aan my gegee. Die omgekeerde is ook waar.

Wat dus in my skort is “by haar” maar dit lê nie in daardie persoon se gemaksone nie.

Dit vra ʼn offer en onselfsugtige optrede.

Dis ook van die omgekeerde waar.

Weereens ʼn besondere model.

Wees op die uitkyk vir die stukkend in jou lewensmaat se lewe en sien hoedat die Here jou roep om ʼn verskil te maak. Dis liefde in die praktyk.

Mag julle reis saam baie geseënd wees.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sakkie ·

Wat maak met n vriendin wat gevang is deur muslim lieg stories

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.