ToekomsVenster: Waaroor kla jy?

Foto: Sasha Freemind/Unsplash.

Daar is min dinge so vervelig soos om na iemand te luister wat sonder energie en oortuiging oorkom. Wie het nie al na so ʼn praatjie, preek of voordrag geluister het nie? Die vraag is of die persoon self dit wat hy of sy oordra, glo.

Dit is eweseer waar vir die wyse waarop ons lewe.

Ons lewenshouding, postuur, oë, woorde veral, verklik wat hier aan die “binnekant” aan die gebeur is.

Natuurlik gaan ons almal deur korter of langer periodes van worsteling en donkerte. Om dan steeds regop en gemotiveerd op te tree is ʼn genadegawe. Dit gaan darem nie altyd sleg nie. Daar is tye van balans en ewewig. Oor die algemeen gaan dit met die meeste van ons goed.

As jy hierdie bydrae lees kan jy lees en skryf, redeneer en verstaan. Jou oë en verstand werk. Jy het waarskynlik geëet en gaan dit weer doen vandag. Jy is geklee en in bevind jou in ʼn doelmatige struktuur wat skuiling bied. As jy by die “werk” is hét jy werk en het jy daar gekom. Jy sal darem laat middag by die huis kan kom.

Daar is waarskynlik iemand by die huis wat vir jou omgee. Die kinders maak jou “mal” maar jy het darem kinders.

Jy weet van Jesus se liefde en omgee, glo sy Woord en behoort aan ʼn geloofsgemeenskap. Jy word nie (indien wel darem nie te erg nie) vervolg vir jou geloofsoortuiging nie.

Wat is jou verskoning? Waarvoor die lang gesig? Waaroor kla en mor jy?

Ons behoort elke dag op ons knieë te wees in dankbaarheid vir God se onuitspreeklike genade.

Jy sê dis maklik vir my (Jannie) om te praat. Ek ken nie jou omstandighede nie. Dis waar. Maar God weet dit. “Man up”. Glimlag en weet God het jou lief.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Owners manual ·

Die life-coach , berader ding is is eintlik maar Hindu , n Bietjie Budisme voeg in Zoroasterime . As jy in die’goed belangestel het , vuil geword het van dit , jy tot bekering kom , dan Christen word en die hele Bybel jou verwysing is .raak jy goed soos die nie met n stok aan nie . Feel good sing songs . Waar is die Bybel in die’ venster ?

charmaine ·

Wat n goeie en waar boodskap! Toe die artikel lees is dit asof ek dit geskryf het, want dit is hoe ek leef en altyd vir mense vertel wees dankbaar wat jy het waar jy is, jy is bevoorreg om ouer te word.
Mense is so gou om te kla ag alweer by die werk en nog so lank tot die vakansie en kla die mense.
Ek gee nie om wie kla ek gooi vinnig my pennie in die pot dan sal ek sommer se wel jy lyk gesond want jy is by die werk wat jou n baie baie goeie salaris betaal en ek hoor jy gaan see toe die vakansie klink lekker waaroor kla jy? Dan kan jy die skaamte sien en wat hartseer is dis altyd mense wat meer het as ander die, dis nou wel die groot kar, die groot huis, die privaat skole en die see vakansie, maar sit jy oppad werk toe in jou kar ens se net Dankie Vader vir die reen, ek het my oe oopgemaak, my familie is veilig ons het lekker geeet gisteraand! Nee want ons wil meer goeters he, ons leef nie dankbaar nie en vergeet om dankie te se.

Bertie ·

Dankie vir beide boodskappe!! ja, ons kla tog sooooooo maklik terwyl ons eintlik met ‘n bakkery onder die arm loop! Dankie aan my Skepper vir al die guns en goedheid!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.