Gedagte vir die dag:  Toerekenbaar    

man_meer_bewolk_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade? (Markus 8:36)       

Jesus het geleer dat besittings altyd as ’n geheime trust beskou moet word. Elke mens is voor God toerekenbaar vir waarvoor hy dit gebruik. Alles wat ons het, kom van God af. Ons almal is sy rentmeesters. Niks sal God se oordeel en veroordeling aan die einde so seker teweeg bring as ’n selfsugtige gesindheid rakende die goeie dinge in hierdie wêreld nie.

Jesus het altyd daarop gewys dat as ’n mens se besittings sy siel begin skade aandoen, drastiese opofferings nodig is. Dit is beter om ’n regterhand af te sny as om die Gees uit te doof. Dit is beter om die koninkryk van die hemel as ’n arm man binne te gaan as om in rykdom te sterf met ’n hoop goud en ’n uitgedroogde, verarmde siel.

Here, help ons om nie aan dinge vas te hou nie, maar om toerekenbaar te wees vir waarmee U ons seën sodat dit vir die regte doel gebruik kan word. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.