Gedagte vir die dag: Verlossing

Arend_Stiltetyd.jpg

Foto: Jannie Oosthuizen

Mag die Here, die God van Israel, onder wie se vlerke jy kom skuiling soek het, jou ten volle beloon. (Rut 2:12)

Ná die donker hoofstukke van Rigters, toe almal gedoen het wat reg was in hulle eie oë en dit soms gelyk het of God van sy beloftes vergeet het, is die boek Rut ’n verkwikkende storie van liefde en herstel. Nie alles was donker nie; God was steeds teenwoordig, het steeds vir sy volk gesorg en steeds gewerk aan sy plan om sy volk te verlos.

Die boek Rut herinner ons dat God steeds aan sy verlossingsplan werk, selfs deur verlies en hartseer heen. Naomi het met ’n leë hart teruggekeer na Israel nadat sy haar man en haar seuns deur die dood verloor het. In Israel het sy nie net die getroue liefde van haar skoondogter, wat “meer beteken as sewe seuns” (Rut 4:15), ervaar nie, maar ook die geboorte van ’n kleinseun gevier wat die familienaam sou laat voortleef. God het haar blydskap herstel en haar gebruik om hoop vir die wêreld te bring. Twee geslagte later is koning Dawid uit hierdie lyn gebore om die belofte van ’n groot nasie te vervul. En baie geslagte later is koning Jesus gebore om die belofte eens en vir altyd in vervulling te laat gaan.

Ongeag hoe donker jou huidige omstandighede lyk, God is op onwaarskynlike maniere aan die werk. Hy het ’n losser vir die Moabitiese vrou Rut voorsien, en deur haar nageslag het God die Verlosser vir ons almal gestuur. God is aan die werk, ook te midde van jou verliese. Hy sal alles vir jou ten goede laat saamwerk, en tot sy eer en verheerliking.

Hy het sy lewe vir ons gegee om ons los te koop van alles wat voor God verkeerd is, en om ons te reinig van alle sonde sodat ons sy volk kan wees wat net aan Hom behoort, entoesiasties om die goeie te doen. – Titus 2:14    

Bron: In die skadu van die Allerhoogste deur Nancy Taylor & Chris Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Boer ·

Amen, Baie dankie vir die boodskap ons het dit in die tyd nodig. God is in beheer!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.