Gedagte vir die dag: Voorbidding

bid_kniel_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. (Efesiërs 6:18)

Wat ’n onuitspreeklike gawe is daar nie in voorbidding nie! Is dit nie ’n ongelooflike eer om God se seën oor ander mense te kan afbid nie? God se kinders behoort blymoedig en met al hulle krag daarna te streef om deur middel van intersessie seëninge oor die wêreld af te bid.

Geliefde, begin voorbidding gebruik as ’n middel tot genade vir jouself en ander mense. As jy jouself aan die Heilige Gees se leiding oorgee en ’n lewe van toewyding aan God lei, sal jy besef dat jou gebedstyd ’n welbehaaglike offer vir God is wat jou eie lewe met seën vul, en diegene versterk waarvoor jy bid.

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

FM ·

Dankie Dr Andrew dat U ons hieraan herinner.
Ons mag nooit hierdie KRAG onderskat nie.

Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.