Gedagte vir die dag: Wanneer jy twyfel

storm-see-oseaan-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Toe Petrus die hoë golwe rondom hom sien, het hy paniekerig geword en begin sink. Hy skree toe vir Jesus: “Here, red my!” Jesus het onmiddellik sy hand uitgesteek en hom gegryp. (Matteus 14:30-31)

Kan jy aan ’n keer dink toe jy baie bang was? Dalk moes jy as kind eenkeer na ’n nuwe skool toe gaan. Dalk het jy eenkeer op die hoogste duikplank gestaan en na die swembad doer onder jou geloer. Dalk moes jy ’n operasie ondergaan. Ons weet hoe aaklig dit voel om regtig  bang te wees, of dit nou ’n kwaai hond, ’n erge donderstorm of vreemde geluide in die middel van die nag is.

Dis baie maklik om te voel of ’n mens in jou eie vrees verdrink. Al wat jy binne-in die vreesaanjaende situasie kan raaksien, is gevaar. En tog hoef God se kinders nooit bang te wees nie, want ons kan selfs in ons diepste nood bid vir hulp. Jesus sal altyd ’n hand van liefde na ons uitsteek. Hy sal ons red van kommer en wanhoop. Hy sal ons voete op ’n rots laat staan en ons op vaste grond laat loop (Psalm 40:2). Hy sal vir ons die hoop en die moed gee om enigiets te trotseer.

Voel jy vandag of vrees en kommer jou onderkry? Wonder jy of die Here jou raaksien, jou hoor of hoegenaamd vir jou omgee? Jy kan maar glo en vertrou dat sy liefde jou beskerm.

Here, maak ons asseblief dapper genoeg om volkome op U te vertrou. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.