Gedagte vir die dag: Wees lief vir jouself, toe?

vrou-see-blom-chermitove.jpg

Foto: chermitove/pixabay.com

Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, leef in ’n hegte verhouding met God en God met hulle. (1 Johannes 4:16)

Interessant dat Jesus se opdrag oor die liefde vir mense eerstens praat van ons liefde vir onsself en dan sê dat ons ander net so moet liefhê.

Hoe lyk hierdie liefde vir myself wat God vir ons gee? Dit is vir seker nie dieselfde as narsisme, selfsug of egoïsme nie. Veel eerder is dit dinge soos selfaanvaarding, selfrespek en die waardering vir wie ek is. Wie ek in en deur Christus is.

Indien ander mense, jou eie geloof, of die kerk jou skuldig laat voel, kan jy weet dat dit nie van God kom nie. Want die Here wat jou liefhet, het jou lankal reeds aanvaar vir wie jy is … net soos jy is. En Hy wil hê jy moet ook!

God vra vandag dat jy sy liefde vir jou met ’n ontvanklike hart sal aanvaar sodat Hy jou kan help om jouself deur sy oë te sien. En jouself só lief te hê.

Wys u hart vir my sodat ek myself so kan liefhê, Here-God.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat U my eerste liefgehad het…die lied ‘God is liefde juig ons harte en bedink wat liefde doen’. ….Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.