24/7/365

Suid-Afrika se eerste Idols-wenner Heinz Winckler bied na nege jaar in die musiekbedryf sy vyfde album 24/7/365. Die album met sewentien snitte sluit in die ballades 1001 Soene, Ek soek jou en Wat jy nooit sal vergeet nie.

Afri-Talia

Alhoewel hy nog nooit in Suid-Afrika was nie, sing jong Cristian Mangano met passie Afrikaanse treffers wat kort sedert die vrystelling van die album reeds deur die land dreun, maar hy sing in sy moedertaal, Italiaans.

Staan Vas

34 Grade Suid is die breinkind van die sanger Sean Else, van Eden-faam, en Ampie du Preez, wat onlangs saam die krieketspeler AB de Villiers ‘n CD vrygestel het. Staan Vas is ‘n kombinasie van dié twee se liefde vir country-pop. Die musiek is aards en melodies.