Jesus het vir haar gesê: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterf hy ook. Elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterf nie. Glo jy dit, Marta?” (Johannes 11:25, 26)
ToekomsVenster: Om tot langs iemand geroep te wees
Gees van God, dankie dat U ons wys en leer hoe om self parakleet te wees
Gedagte vir die dag: Die Herder en sy skape
Ek is die Goeie Herder. Ek ken my skape en hulle herken My, net soos die Vader My ken en Ek ook die Vader ken. En Ek gee my lewe vir die skape. (Johannes 10:14, 15)
ToekomsVenster: Om saam met iemand te lei
Here, soek dié wat weggeraak het, bring dié terug wat weggedwaal het, versorg die wonde van dié wat seergekry het en help asseblief die swakkes (Esegiël 34:16).
Gedagte vir die dag: Almal wat in Hom glo
Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aanvaar nie. Aan almal wat Hom egter aanvaar het, dié wat in sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. (Johannes 1:11, 12)
ToekomsVenster: Om ten volle aan boord te wees
Here, mag Jehu my aansteek …! Amen.
Gedagte vir die dag: Selfverloëning en kruisdra
Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie, selfsugtige ambisie prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom. As julle probeer om julle lewe vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My prysgee, sal julle ware lewe vind.” (Matteus 16:24, 25)
Gedagte vir die dag: Bestem om te ly en te sterf
Van toe af het Jesus dit vir sy dissipels begin duidelik maak dat God wil hê Hy moet na Jerusalem toe gaan. Daar moet Hy baie ly onder die familiehoofde, die leierpriesters en die skrifkenners, en doodgemaak word, maar God sal Hom op die derde dag weer lewendig maak. (Matteus 16:21)
Gedagte vir die dag: Wie, sê julle, is Ek?
Hy sê toe vir hulle: “En wat van julle, wie sê julle is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Messias, die Seun van die lewende God.” (Matteus 16:15, 16)
ToekomsVenster: Waar kom jou waagmoed vandaan?
Dankie, Here, dat U waagmoed aan my skenk op tye en plekke waar ek sou terugdeins.
Gedagte vir die dag: Ek sal rus gee
Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal nuwe krag kry. (Matteus 11:28, 29)
ToekomsVenster: Wie’t vir jou daai spiere gegee?
Here, nie in my eie krag, maar in u krag en Naam. Here, gee my ʼn dubbele porsie.
Gedagte vir die dag: Wie was die spotters?
Die leierpriesters en die skrifkenners het ook onder mekaar met Jesus die draak gesteek en gesê: “Foeitog, hy het ander gered, maar hy kan homself nie red nie. Hy is dan kwansuis die Messias, die Koning van Israel. Laat hy nou afkom van die kruis! Dan sal ons sien en glo!” Selfs die kriminele wat saam met Hom gekruisig is, het Hom beledig. (Markus 15:31, 32)
ToekomsVenster: Hoe klop jou hart?
Dink aan ʼn keer of kere in jou lewe waar jy die geleentheid gehad het om vir die Naam van die Here op te staan, ʼn geleentheid waar jou ywer vir die Here duidelik na vore kon kom. Deel hierdie verhaal of getuienis met iemand.
Gedagte vir die dag: Spotkoning of Hemelkoning?
Toe roep hulle die hele regiment bymekaar en trek vir Hom ’n pers mantel aan. Hulle vleg toe ook ’n kroon van dorings en sit dit op sy kop. Daarop begin hulle Hom salueer met die woorde: “Ons groet u, o Koning van die Jode!” (Markus 15:16-18)
ToekomsVenster: Wie is aan jou sy?
Here, dankie vir hierdie kragtige werking van u Gees in en deur ons elkeen.
Gedagte vir die dag: Laat vir Barabbas vry!
Omdat Pilatus die skare graag hulle sin wou gee, het hy toe vir Barabbas vrygelaat, maar vir Jesus het hy aan die soldate oorgegee om Hom met gésels te slaan en daarna te kruisig. (Markus 15:15)
ToekomsVenster: Wat is in jou hand?
Here, ek’s net ʼn gewone mensekind, maar gebruik my buite-my-gewoon. Tot u eer.
Gedagte vir die dag: Kruisig hom!
Pilatus het toe weer vir hulle gevra: “Maar as ek Barabbas vrylaat, wat moet ek dan doen met hierdie mens wat julle kwansuis die Koning van die Jode noem?” Hulle het teruggeskree: “Kruisig hom!” (Markus 15:12, 13)
Gedagte vir die dag: Nogtans nie wat ek wil nie
“Abba” – dit beteken Vader – het Hy gebid, “vir U is alles moontlik. Neem tog hierdie beker van lyding van My weg. Maar doen nogtans nie wat Ék wil nie, maar wat Ú wil.” (Markus 14:36)