Rugbyafrigters hou nie daarvan om op hul foute gewys te word nie
All Blacks steeds sterk genoeg, selfs sonder hul staatmakers
Die toets tussen die Argentynse Poemas en die All Blacks word eers vroeg Sondagoggend (00:40 Suid-Afrikaanse tyd) in Buenos Aires gespeel, maar as jy wakker is, sal dit beslis die moeite werd wees om dop te hou.
Sharks wysig twee vir botsing teen Leeus
Die Sharks het twee veranderings aangebring aan die opdrafspan wat die Blou Bulle geklop het, vir Vrydag se Curriebekerbotsing teen die Goue Leeus op Kingspark, Durban.
Swakopmund kry eerste Curriebekerwedstryd
Curriebekerrugby sal binnekort die heel eerste keer in die geskiedenis op Swakopmund aan die Namibiese weskus gespeel word.
Sewessukses het Lesotho vuur en vlam vir rugby
Die afgelope internasionale Maseru-sewestoernooi het Lesotho nou só vuur en vlam vir rugby dat die adjunk-premier op pad Pretoria toe is om die toekomstige ontwikkeling van die spel in die bergkoninkryk te bespreek.
SA afrigter straks Rassie se opvolger by Munster
Dit lyk na ʼn uitgemaakte saak dat die Suid-Afrikaanse bande met Munster in Ierland behoue sal bly na Rassie Erasmus se vertrek na Suid-Afrika waar hy as SA Rugby se direkteur van rugby aangestel is.
Só kan Goue Beker se ‘proefspanne’ lyk
Sterk “proefspanne” wat ʼn mens in hierdie stadium van SA Rugbyunie (Saru) se internasionale reeks om die Goue Beker kan saamstel, dui daarop dat ’n betreklike sterk span uit die reeks gekies sal kan word.
Allister en die Rhule-raaisel
Wat moet ʼn mens glo? Die Springbokafrigter, Allister Coetzee, wat Maandag in Bloemfontein gesê het dat hy nie ʼn afrigter is wat ʼn speler na net een swak vertoning pos nie … en dit die dag daarna doen?
Medeskrywers van Bok-boek sterf dae uiteen
Die medeskrywers van ʼn boek oor die Springboktoer van 1906-1907 na Brittanje en Frankryk is skaars ʼn week uiteen oorlede.
Amper klop Springbok Franse klub op sy eentjie
ʼn Springbok het Sondag amper daarin geslaag om die klub Toulon op sy eentjie in die Franse Top14-reeks te klop.
Albei SA skrumskakels druk vir hul Engelse span
Albei Suid-Afrikaanse skrumskakels wat vir die Engelse klub Northampton speel, het Sondag vir dié span drieë gedruk.
Goue Leeus sonder drie van hul mees ervare spelers na Durban
Die Goue Leeus gaan Vrydagaand sonder hul mees ervare agterspeler en twee van hul mees ervare voorspelers teen die Sharks in Durban speel.
Vergete Springbok skop 16 punte in Japan
ʼn Haas vergete Springbok het Sondag 16 punte in Japan behaal om sy span te help om sy wedstryd in die land se Topliga met tien punte te wen.
Allister-hulle trap al hoe dieper in die gat
Ruan Combrinck is nie in die Springbokspan nie omdat hy te min speel.
Hoe sou Wallabies 1981 oorleef het?
Ek het altyd gedink die Wallabies is een van die slimste spanne ter wêreld, maar wat Maandag gebeur het, het my opnuut laat dink.
Korter Britse Leeus-toer oor swak SA rugbygehalte
Dis nog vier jaar voor die 2021-toer van die Britse en Ierse Leeus deur Suid-Afrika, maar reeds blyk dit dat ondermeer die swak plaaslike rugbygehalte ondersteuners van die geleentheid sal ontneem om ʼn volle Leeutoer te ervaar.
Waar was die minuut se stilte?
Dis ʼn hartseersaak dat die Suid-Afrikaanse rugbybase nie van die oud-Springbokke wat oorlede is, behoorlik vereer nie.
QBR oorwin Drake met St Joris en al
In die legende het Sint Joris die draak oorwin; Saterdag in Harare het Quins-Bobbies-rugby (QBR) met die Drake, St Joris inkluis, afgereken.
Wêreldbekertoernooi: bod-voorleggings Maandag aangehoor
Een uit vier, as jy 1995 as Wêreldbekertoernooi in ag neem. Dít is Suid-Afrika se rekord nadat hulle bod vir die 2011-, 2015- en 2019-toernooie aan onderskeidelik Nieu-Seeland, Engeland en Japan toegeken is.
Yanks kies 4 uit SA vir Amerikas-Suidsee-reeks
Amerika het vier spelers met Suid-Afrikaanse wortels gekies vir die komende tweedevlaktoernooi in Montevideo, Uruguay, tussen lande van die Amerikas en die Stille Suidsee.