Wen ’n troue ter waarde van R170 000

Foto: Pixabay

Ken jy ʼn paartjie wat onlangs verloof geraak het of wat jare lank al verloof is, maar vir wie dit om verskeie redes net nie moontlik is om voor die kansel te staan nie? Miskien is dit twee mense met ʼn besondere liefdesverhaal of wat onder moeilike omstandighede gebuk gaan?

As jy so ʼn paartjie ken, of dit nou jou broer of suster, beste vriende of jyself is, is dié kompetisie net vir jou.

Maroela Media, Villa Rosa Wedding Venue (geleë in Pretoria-Noord) en verskeie diensverskaffers in die troubedryf span kragte saam om een paartjie se troudag ʼn werklikheid te maak.


Die troupakket sluit die volgende in:

ʼn Paneel beoordelaars sal al die inskrywings oorweeg en ʼn top-tien saamstel. Maroela Media sal foto’s van dié tien publiseer en die publiek sal bepaal wie die kompetisie wen. Die publiek stem vir hul gunstelingpaartjie en die bruidspaar met die meeste stemme wen.

Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die kompetisie is 13 April 2020 en die wenner sal op 1 Mei 2020 gekontak word. Die wenners moet bereid wees om op 1 Augustus 2020 te trou.

Foto: StockSnap/Pixabay

Skryf nou in

Laat weet ons in 200 tot 250 woorde hoekom jy en jou aanstaande dié troue ter waarde van R170 000 verdien.

Gaan volg dan die diensverskaffers op sosiale media en deel só in die opwinding van die kompetisie.


Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  1. Paartjies wat vir die kompetisie inskryf moet albei ouer as 18 jaar en reeds verloof wees.
  2. Die “deelnemer” is die persoon wat die vorm invul om aan die kompetisie deel te neem. Die “aanstaande” is die persoon aan wie die deelnemer verloof is.
  3. Paartjies wat inskryf moet in Suid-Afrika woon.
  4. Die prys en pakket is nie onderhandelbaar nie.
  5. Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  6. Die beoordelaars se beslissing oor die top-tien is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  7. Die paartjie wat die meeste stemme van die publiek ontvang sal as die wenners aangewys word.
  8. Die pakket sluit ʼn maksimum van 60 gaste in. Indien die gastelys meer as 60 is, is die paartjie self verantwoordelik vir die uitstaande bedrag.
  9. Die wenners en hulle gaste is self vir bykomende reis- en verblyfreëlings, wat nie by die pakket ingesluit is nie, verantwoordelik.
  10. Enige bykomende dekor, blomme, klere, pakke vir die bruidegom, strooijonker(s), hofknapies, geskenke, huwelikskontrak en enigiets anders wat die wenpaartjie graag op die dag wil gebruik, is nie by die prys ingesluit nie.
  11. Foto’s van paartjies wat inskryf mag op Maroela Media, sosiale media en diensverskaffers se webwerwe gedeel word.
  12. As julle as wenners aangewys word, stem julle in dat foto’s van die troudag ná die tyd op Maroela Media sosiale media en diensverskaffers se webwerwe gedeel mag word.
  13. Die kompetisie sluit 13 April 2020 om 23:45.
  14. Wenners word op 1 Mei 2020 aangekondig.
  15. Die wenpaartjie moet bereid wees om op 1 Augustus 2020 te trou.
  16. Die wenpaartjie moet bereid wees om by die betrokke venue (geleë in Akasia, Pretoria-Noord) te trou.
  17. Geen werknemer of familielede van die borge mag deelneem nie.
  18. Deelname aan hierdie kompetisie gee toestemming dat jy deur Maroela Media en die deelnemende diensverskaffers gekontak mag word.
  19. Maroela Media en die deelnemende diensverskaffers kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade, besering of enige ander ongerief wat gely word tydens die reël van die troue of tydens die troue nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.