Wenners aangekondig: Kyalami 9-uur-uithouren

Die historiese Kyalami 9 Hour vorm deel van Pirelle se 2019 Intercontinental GT Challenge. (Foto: Verskaf)

Dit krioel in die kuipe by Kyalami waar voorberei word vir dié naweek se finale been van die 2019 Intercontinental GT Challenge.

Ongeveer 30 spanne en 90 renjaers gaan dié Saterdag vir nege  ure aaneenlopend om die gerestoureerde Kyalami Grand Prix‑renbaan in Johannesburg jaag.

Mercedes-AMG en Porsche gaan sake vir die algehele titel uitspook. Die aksie sal deurlopend op SuperSport 12 uitgesaai word en die jongste stand van sake sal op Intercontinental GT Challenge se webtuiste en Facebook‑blaaie beskikbaar wees, sowel as SRO se GT World YouTube-kanaal.

Lees Maroela Media se vorige berigte oor die Kyalami 9-uur-uithouren hier en hier.

Koop kaartjies en sien die rooster en inskrywings hier: https://www.intercontinentalgtchallenge.com/

Drie lesers kon elkeen ‘n dubbelkaartjie (ter waarde van R2 500 per dubbelkaartjie) na dié geleentheid wen. Baie geluk aan Alta Hugo van Rustenburg, en Gerrit Nap en Jenny Faia, albei van Pretoria, wat as die wenners aangewys is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PATTY ·

Geniet jul pryse. My man se droom om eendag so wedren te kan bywoon asook F1

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.