Soorte resepte:

Bevrore kosse: Gerieflik, gesond en bekostigbaar

(Foto: Pixabay)

Gerieflike, bekostigbare en gesonde kos raak al hoe belangriker soos wat mense se lewe besiger raak. Mense het nie tyd om ure lank voor die kospotte te staan nie en ook nie om elke dag winkel toe te gaan vir vars kos nie.

 

Ten spyte daarvan dat baie mense dink voedingstowwe gaan verlore in die bevriesingsproses, is dit eintlik ʼn baie gerieflike manier om seker te maak jy kry al die vitamiene en minerale in wat jy nodig het.

 

Hier is ʼn paar redes hoekom bevrore kos goed is vir jou:

 

Dit is vars

Vars kosse vorm deel van ʼn gesonde dieet omdat dit belangrike voedingstowwe bevat wat goed is vir jou. Maar vars groente wat nie bevries word nie, se raklewe is veel korter, en die hoeveelheid voedsel wat daardeur vermors word, is groot. Mense is ook dan geneig om minder groente te eet omdat hulle nie so gereeld winkel toe wil gaan om nuwes te koop nie.

 

Daarom is bevrore groente ʼn goeie opsie om altyd ʼn gesonde element op jou bord te hê. Bevrore groente word geoes wanneer dit op sy beste is en binne ure bevries om varsheid te behou.

 

“Die vries van groente is ʼn natuurlike manier om te voorkom dat bakterieë kan groei en dit skakel die gebruik van chemiese preserveermiddels uit,” verduidelik Catharina Bester, bemarkingsbestuurder van McCain Foodservices & Retail.

 

Dit is gerieflik

Bevrore maaltye is ideaal vir ʼn besige weeksaand. Dit is nie nodig om enigiets te krummel, sny, kap of skil nie. Alles word vooraf vir jou gedoen. Al wat jy hoef te doen, is om die vrieskas oop te maak en dit gaar te maak.

 

Dis gesond

Ten spyte van wat baie mense dink, verloor die groente baie min voedingswaarde tydens die bevriesingsproses, so al die nodige vitamiene en minerale is steeds teenwoordig. Dit is ʼn maklike manier om elke dag gesond te eet.

 

Dis bekostigbaar

Bevrore groente en vis het ʼn baie langer raklewe as die vars alternatief, wat minder vermorsing van kos én geld beteken.

 

Dit is altyd beskikbaar

Met bevrore kosse hoef jy nie te wag tot iets in die seisoen is nie, dit is heel jaar lank beskikbaar te danke aan die langer raklewe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tanniepetoors ·

Ek eet liewers een lekker porsie bevrore, growwe, gemengde groente wat net ‘n paar minute gestoom is, as “vars” groente wat baie moeite is om voor te berei of indien geskil gekoop, onbetaalbaar duur is en nie baie lank vars bly nie.

Oom ·

Hier is ‘n lusmaker van die eerstewater. Hier waar ons in Frankryk woon is gevriesde groente hoog op ons spyskaart. Die verskeidenheid is onoortreflik. Die volgende soorte word gereeld gekoop: aartappelskyfies en -blokkies, lang groenboontjies, murgpampoentjies, ertjies, spinasie, gemengde groente, preie, blomkool, wortelwieletjies en sampioene, Ek hou boek van al ons aankope en sedert ons aankoms hier is die gemiddelde koste per kg €0.9520 of R16.96 teen ‘n wisselkoers van R17.82/€1. Ons is nou in die land van melk en heuning!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.