Soorte resepte:

Resep: Tamatievoorgereg

Tamatievoorgereg (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Mediterreense voorgereg met die perfekte soet-sout-suur kombinasie.

Bestanddele

  • 4-5 knoffelbolle
  • olyfolie
  • growwesout
  • 500-750 g kersietamaties
  • 4 wiele fetakaas
  • 1 k gekapte basiliekruidblare
  • balsamiese asyn
  • Franse brood of brood van jou keuse

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °
  2. Sny die bopunte van die knoffelbolle met ʼn skerp mes af sodat die knoffelhuisies net-net wys. Plaas die bolle in ʼn oondbak en bedruip met olyfolie en strooi sout oor. Bak vir 20-25 minute.
  3. Voeg die tamaties by en bedruip met olyfolie. Strooi sout oor en bak vir 15 minute.
  4. Voeg die fetakaas by en bak vir slegs vyf minute – nie meer nie, anders word die kaas rubberagtig.
  5. Verwyder uit die oond en bedruip die hele spulletjie met balsamiese asyn na smaak. Voeg die basiliekruidblare by en sit dadelik voor.

Resep: Sjef Snoekie laat die potte sing deur Marlise Scheepers

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.