Soorte resepte:

Resep: Tuisgemaakte hoenderkragsop

Foto ter illustrasie. (Foto: Bluebird Provisions/Unsplash)

ʼn Eenvoudige, maar heerlike hoenderkragsop (“chicken bone broth”)-resep wat selfs beginnersjefs se kookvernuf ʼn hupstoot sal gee.

Bestanddele

  • 2 kg hoendernekke, pote en vlerkies
  • 3 wortels, gekap
  • 3 selderystingels, gekap
  • 2 mediumgrootte uie, afgeskil, in die lengte en in kwarte gesny
  • 4 knoffelhuisies, afgeskil en gepers
  • 1 t Himalaja-sout
  • 1 t heel peperkorrels
  • 3 e appelasyn
  • 2 lourierblare
  • 3 takkies vars tiemie
  • 5 tot 6 takkies pietersielie
  • 1 t orego
  • 18 tot 20 k koue water
  • 8 e Harvest Table Bone Broth-poeier (opsioneel)

Metode

  1. Plaas al die bestanddele, behalwe die water, in ʼn 10 liter-prutpot (slow cooker). (Dit kan ook in ‘n groot kastrol op die stoof gemaak word. Pas die kooktyd aan.)
  2. Voeg nou die water by.
  3. Prut vir 24 tot 48 uur en skep af en toe vet af.
  4. Haal dit van die hitte af en laat die sop effens afkoel. Skep die karkasdele uit en gooi weg. Gooi die res van die mengsel deur ʼn vergiettes. Laat die aftreksel afkoel tot kamertemperatuur, bedek en verkoel.
  5. Gebruik die aftreksel binne ʼn week of vries dit vir tot drie maande.

Bron: Harvest Table

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.