Soorte resepte:

Sakpasresep: Korslose groentetert

Korslose groentetert (Foto: Lapa)

Hierdie groentetert is gesond, maklik en goedkoop om te maak.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 1 ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • bietjie olie
  • 250 g sampioene, in skyfies gesny
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 8 groot murgpampoentjies, in skyfies gesny
  • 45 ml vars pietersielie, gekap
  • 250 ml bevrore klein ertjies
  • 250 ml wortels, gerasper
  • 250 ml groenboontjies, in stukkies gesny
  • 125 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 2,5 ml sout
  • knippie rooipeper
  • 250 ml Bulgaarse jogurt
  • 250 ml gerasperde Cheddarkaas
  • 5 ml suiker
  • 5 eiers

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak.
  2. Soteer die ui en knoffel in olie tot sag en deurskynend. Voeg die sampioene by en soteer vir nog 5 minute.
  3. Voeg die soetrissie, murgpampoentjies, pietersielie, ertjies, wortels en boontjies by en soteer oor matige hitte vir 3 minute. Verwyder van die hitte.
  4. Roer die res van die bestanddele, behalwe die eiers, by tot goed gemeng.
  5. Klits die eiers. Roer by die groentemengsel en giet in die voorbereide oondbak.
  6. Bak vir 35 minute of tot in die middel gestol. Sit warm as ligte middagete voor.

Bron: Vrouekeur 1 deur Marlo Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.