Soorte resepte:

‘Net koffie’ se sjokoladesplinter-koffiekoekies

‘Net koffie’ se sjokoladesplinter-koffiekoekies. (Foto: Verskaf)

ʼn Blik vol tuisgebakte koekies vir Kersfees! Maak sommer nou al ʼn lys van al die bestanddele wat jy vir dié sjokoladesplinter-koffiekoekies nodig gaan hê.

Bestanddele

  • 250 ml ongesoute botter by kamertemperatuur
  • 250 ml bruinsuiker
  • 125 ml witsuiker
  • 1 eier
  • 1 eiergeel
  • 3 t gemaalde koffie
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 10 ml espresso
  • 2½ k meel
  • 1 t bakpoeier
  • 2,5 ml koeksoda
  • ¼ t sout
  • 1½ k sjokoladesplinters (chocolate chips)

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Berei ʼn bakplaat met waspapier voor.
  3. Plaas die botter en suiker in jou mengbak, meng goed teen ʼn lae-medium spoed tot glad. Moenie te veel meng nie, anders versprei die koekies meer as wat hulle moet.
  4. Maak ʼn gaatjie in die middel van die bottermengsel, voeg die eier en eiergeel by en meng goed.
  5. Voeg die gemaalde koffie, vanieljegeursel en espresso by. Meng teen ʼn lae spoed tot als goed gekombineer is.
  6. Skakel die menger af en voeg die meel, bakpoeier, koeksoda en sout by. Stel die menger op ʼn lae spoed en beweeg tot medium spoed terwyl die droë bestanddele by die nat bestanddele ingewerk word.
  7. Wanneer ʼn eweredig gemengde deeg vorm, stop die menger en roer die sjokoladesplinters met die hand by om dit nie op te breek nie.
  8. Gebruik ʼn groot lepel en skep ewe groot balletjies uit. Plaas dit op die bakplaat. Jy wil hê dit moet ʼn lekker hoë balletjie wees in plaas van ʼn breë balletjie. Hulle kan ook nader aan mekaar wees, want dit gaan in die yskas verkoel voordat dit gebak word.
  9. Verkoel vir ʼn uur in die yskas van 20 minute in die vrieskas.
  10. Haal dit uit die yskas en bak vir 15-17 minute in die oond.

Hierdie resep is in episode tien van Net koffie met Henriëtte Marx gemaak. Dit is met vergunning van kykNET geplaas. Vir meer inligting oor die program, besoek kykNET se webwerf.

Net koffie met Henriëtte Marx is Sondagmiddae om 17:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.