Soorte resepte:

Resep: Growwe beskuit

Growwe beskuit (Foto: Lapa-uitgewers)

Jou koffie smag na hierdie beskuit.
Lewer ongeveer 60 stukke.

Bestanddele

  • 1 kg (8 k) volkoringmeel
  • 500 ml (2 k) bruismeel
  • 875 ml (3½ k) semels
  • 15 ml (1 e) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) sout
  • 500 ml (2 k) All Bran-vlokkies
  • 500 ml (2 k) bruinsuiker
  • 750 ml (3 k) Clover-volroommelk
  • 30 ml (2 e) witasyn
  • 4 ekstragroot eiers
  • 500 g (1 blok) Clover Farmstyle-botter, gesmelt
  • ekstra Clover Farmstyle-botter om panne mee te smeer

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng die volkoringmeel, bruismeel, bakpoeier, sout, All Bran en bruinsuiker goed saam.
  3. Roer die witasyn by die melk en roer tot dit begin verdik.
  4. Klits die eiers tot goed gemeng. Giet dit by die melkmengsel en roer tot goed gemeng. Roer die gesmelte botter daarby en roer weer goed tot gemeng.
  5. Roer die melkmengsel by die droë bestanddele tot ’n deeg vorm.
  6. Smeer drie broodjiepanne van ongeveer 35 cm x 11 cm goed met botter. Skep die deeg in die broodpanne en maak eweredig bo-op.
  7. Bak vir 60 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  8. Laat effens afkoel en keer dan uit op ’n afkoelrakkie om heeltemal af te koel.
  9. Sny die beskuit in stukke en pak op bakplate.
  10. Voorverhit die oond tot 70 °C en droog die beskuit vir 5 tot 6 ure of oornag tot droog.

Bron: Trooskos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.