Soorte resepte:

Resep-video: Bovril-en-kaas-rol

Bovril-en-kaas-rol (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Kikker ʼn gewone toebroodjie op met dié lekker rol. En dit is selfs lekkerder die volgende dag!

Bestanddele

  • 500-700 g winkeldeeg
  • 125 g-botteltjie Bovril
  • 250 g kaas
  • 150 ml room

Metode

  1. Bestrooi ʼn oppervlak met meel en rol die deeg daarop uit tot tussen ½ cm en 1 cm.
  2. Verhit die botteltjie Bovril effens in die mikrogolf sodat dit loperig is en verf dit dan oor die deeg. Bestrooi met kaas.
  3. Rol die deeg op en plaas dit op ʼn uitgevoerde bakplaat.
  4. Sny die rol in 4-5 cm dik stukke tot in die helfte; moenie heeltemal deursny nie.
  5. Giet room in die kepies en bo-oor die rol.
  6. Bak vir 20-25 minute teen 180 °
  7. Breek stukke af waar die kepies gesny is en eet warm.

Resep: Elana Barker

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

PaulV ·

Bultong; ‘n mens sal nie eens die biltong kan proe nie – die Bovril sal heeltemal die smaak oorheers.

Adri ·

Bultong, ek sal liewer gebraaide spek byvoeg en die biltong apart eet!

Rolene ·

Dit klink lekker maar n hele botteltjie?
Is dit nie te skerp nie?

Ellie ·

Winkeldeeg is dieselfde as brood deeg, dis die deeg waarmee jy kan brood bak of selfs vetkoek maak, dis net klaar vir die klient geknie. beskikbaar by alle kettingwinkels.

groenboer ·

A, dankie, nou weet ek ook. Het gewonder of dit dalk daardie bevrore deegrolle is. Lyk my mens kan sommer jou eie ook maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.