Soorte resepte:

Hier is Maroela Media se gewildste resep-video’s vir 2023

Alles-in-een-bak-ontbyt. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Geniet Maroela Media se vyf gewildste resep-video’s saam met ons.

Alles-in-een-bak-ontbyt

Aartappelskyfies, eiers, kaas en ham maak hierdie alles-in-een-bak-ontbyt gerieflik en smaaklik.

Kry die volledige resep hier.

Spinasiegebak

Die kinders sal nie hul neuse vir hierdie smaaklike groentegereg optrek nie. Die gereg is ook perfek om as bykos saam met enige maaltyd voor te sit en selfs ook sommer net so te eet.

Kry die volledige resep hier.

Bak brood in jou lugbraaier

Ja, jou lugbraaier kan brood bak! Vir hierdie brood benodig jy slegs vier eenvoudige bestanddele en dit is boonop nie eers nodig om die brood te knie nie. Dit is perfek vir toebroodjies om vir die week werk en skool toe in te pak.

Kry die volledige resep hier.

Kitsnoedels met ʼn kinkel

Hierdie is ʼn sakpasresep vir enigiemand wat ʼn heerlike ete wil voorberei, wat nie die bank sal breek nie.

Kry die volledige resep hier.

Spekpasta

ʼn Warm pastagereg is altyd heerlik vir aandete, veral ná ʼn yskoue wintersdag. Die resep is perfek vir ʼn gemaklike ete saam met familie en vriende en sal gou-gou ʼn gunstelinggereg in die huis word.

Kry die volledige resep hier.

Onthou!

Maroela Media deel elke weeksdag, van Maandae tot Vrydae, ʼn heerlike resep spesiaal vir ons lesers. Kyk ook uit vir ons bekoorlike resep-video’s wat elke Vrydag gedeel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.