Soorte resepte:

Resep: Brandrissie-waatlemoenskilkonfyt

Brandrissie-waatlemoenskilkonfyt (Foto: Brandrissie-waatlemoenskilkonfyt)

Nicola Kruyshaar, ʼn Maroela Media-leser, het hierdie resep met ons gedeel.

“My ouers was baie lief vir kosmaak en daarom is waatlemoenskilkonfyt vir my ʼn stukkie van my eie kindertyd-nostalgie. Ek het wel jare later eers geleer om dit self te maak. Ek is persoonlik lief vir enige kos wat brand en het daarom besluit om die konfyt so ʼn bietjie op te kikker met vars brandrissies uit ons tuin,” skryf sy.

Geniet hierdie bederf saam met ons.

Bestanddele

  • 45 ml (3 e) koeksoda
  • 5 000 ml (5 ℓ) water
  • 500 g waatlemoenskil
  • 750 (3 k) water
  • 625 ml (2,5 k) suiker
  • 60 ml (4 e) suurlemoensap
  • 2 ml (¼ t) sout
  • 15 ml (1 e) gemmer (sy verkies vars, gesnipperde gemmer)
  • 3 lang rooi brandrissies

Metode

  1. Skil die groen gedeelte van die waatlemoen af met ʼn aartappelskiller en krap enige oorblywende rooi uit.
  2. Prik gaatjies met ʼn vurk in die skil en sny dit in eweredige stukke.
  3. Meng die koeksoda in water en week die waatlemoenstukke oornag daarin.
  4. Spoel die stukke goed af voordat jy dit begin kook.
  5. Meng jou suiker, water, suurlemoensap, sout en gemmer en roer op die stoof totdat die suiker gesmelt het.
  6. Bring dit tot kookpunt en snipper die rooi brandrissies in.
  7. Gooi jou waatlemoenstukke in die pot en kook dit vir om en by 1,5 uur.
  8. Toets die stroop deur dit af te koel op die agterkant van ʼn lepel. As jy met jou vinger ʼn streep deur die stroop kan trek, is dit gereed.
  9. Geniet dit saam met ʼn heerlike tuisgebakte sny brood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karoo ·

Dit klink heerlik… en nou kan jy 2 keer van jou waatlemoen eet, een keer sonder moeite en die tweede keer met moeite en ook bottel vir later.

Marie ·

Dit klink nogals lekker ek onthou my Mammie het kalk by die apteek gekoop en haar stukke daarin geweek oornag en die volgende dag baie goed afgespoel dankie vir jou deel van jou resep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.