Soorte resepte:

Resep: Gebakte macaroni-en-kaas

Gebakte macaroni-en-kaas. (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie macaroni-en-kaas is so lekker jy kan dit selfs koud eet.

Lewer 5 porsies

Bestanddele

  • 150 g macaroni
  • 100 g Edam- of ongekleurde cheddarkaas, gerasper
  • 250 g gladde laevetmaaskaas
  • 200 ml ongegeurde laevetjogurt
  • 2,5 ml sout
  • 5 ml mosterdpoeier
  • 50 ml gekapte vars pietersielie
  • 2 eiers, geklits (± 100 g)
  • 3 Pro-Vita-beskuitjies, fyn gerol (± 25 g)
  • 5 ml sagte margarien, gesmelt
  • Knippie paprika
  • Varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C.
  2. Kook die macaroni vir 8 tot 10 minute in 2 liter kookwater waarby 2,5 ml sout gevoeg is. Dreineer en plaas dit terug in die kastrol.
  3. Voeg die kaas, maaskaas, jogurt, sout, peper, mosterdpoeier, pietersielie en eiers by die gaar macaroni. Skep dit in ʼn gesmeerde oondbak en maak gelyk.
  4. Meng die Pro-Vita-krummels met die margarien en paprika en strooi dit oor. Bedek die bak met ʼn deksel of aluminiumfoelie.
  5. Bak dit 30 minute. Verwyder die deksel en bak nog 5 tot 10 minute totdat die vlamengsel gestol en die gereg goudkleurig is.
  6. Bedien dit warm met gemengde groente of groenslaai.

Bron: Lekker & Gesond: Goeie vet deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.