Soorte resepte:

Resep: Herderspastei

Herderspastei. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie pastei behoort ʼn familiegunsteling in jou huis te wees.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

Aartappels

  • 1 kg aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 30 ml (2 e) botter
  • sout en peper na smaak

Maalvleis

  • genoeg CLOVER Mooi River-botter
  • 1 ui, grof gekap
  • 500 g maalvleis
  • 375 ml (1 ½ k) gevriesde gemengde groente
  • 15 ml (1 e) mielieblom
  • 250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
  • 30 ml (2 e) tamatiepasta
  • 15 ml (1 e) Worcestersous
  • knippie paprika
  • sout en peper na smaak

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.

Aartappels

  1. Verhit genoeg water waarby 10 ml (2 t) sout gevoeg is. Gooi die aartappels daarin en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte wanneer kookpunt bereik is en kook vir ongeveer 9 minute tot sag.
  2. Dreineer en laat die aartappels eenkant staan om ʼn bietjie af te koel. Voeg die botter, sout en peper by en druk met ‘n aartappeldrukker fyn.

Maalvleis

  1. Verhit genoeg botter en braai die ui tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar.
  2. Roer die groente en mielieblom deur die maalvleis.
  3. Meng die aftreksel, tamatiepasta, Worcestersous, paprika, sout en peper bymekaar. Giet dit by die maalvleis en laat prut vir 20 minute tot die groente amper sag is.
  4. Skep dit in ‘n gesmeerde, oondvaste bak.
  5. Skep die aartappelblaar bo-op, sprinkel bietjie ekstra paprika bo-oor en bak vir 15 minute.
  6. Plaas vir ‘n paar minute onder die roosterelement tot dit goudbruin is bo-op.
  7. Sit warm voor saam met rys.

Bron: Onthoukos
Uitgewer: Lapa

Deel van: Kos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

george ·

Ek stem Anel! sit liewer n tamatie slaai by met komkommer en lekker slaaisous. Hemels!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.