Soorte resepte:

Resep: Hoenderfrikkadelle met perskesous

Hoenderfrikkadelle met perskesous. (Foto: Lapa UItgewers)

Hierdie lae GI-hoendergereg is presies wat jou etenstafel nodig het.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 400 g gemaalde hoendervleis
  • 1 middelslag ui – ʼn kwart (25 g) gerasper vir frikkadelle en ʼn driekwart daarvan (75 g) fyngekap vir sous
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 50 ml gekapte vars pietersielie
  • 1 middelslag wortel, geskraap en fyngerasper (100g)
  • 1 sny dagoue bruinbrood, gekrummel (45 g)
  • 5 ml sout – 2,5 ml vir frikkadelle en 2,5 ml vir sous
  • 1,25 ml peper
  • knippie kruienaeltjies
  • 25 ml Worcestersous
  • 25 ml tamatiesous
  • 25 ml kanola- of olyfolie – 10 ml vir frikkadelle en 15 ml vir sous
  • ʼn halwe middelslag groen soetrissie, ontpit, in baie dun repies gesny (75 g)
  • 10 ml matige kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 420 g-blik perskeskyfies in sap, elke skyfie in lengte deurgesny
  • 50 ml witasyn
  • 30 ml suiker
  • 10 ml mielieblom, gemeng met perskesap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng al die bestanddele tot en met die 10 ml olie liggies. Vorm 12 frikkadelle van ± 50 g elk en plaas dit in ʼn gesmeerde oondbak. Bedek en bak dit vir 20 minute. Verwyder die deksel en skep die perskesous oor. Bak dit 20 tot 25 minute sander ʼn deksel.
  3. Perskesous: Roerbraai die kwart ui en die soetrissie in die 15 ml olie tot die ui deurskynend is. Roer die oorblywende bestanddele by en verhit tot kookpunt. Roer die sap-en-mielieblommengsel by en kook tot die sous effens verdik het.

Bron: Diabetes
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sandra ·

Lyk baie lekker, maar amper 20 bestanddele hou ek maar verby

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.