Soorte resepte:

Resep: Hoendermuffins

Hoendermuffins. (Foto: Lapa Uitgewers)

Bêre dié resep vir wanneer jy in Januarie weer kosblikke moet begin pak.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele

  • 45 ml Clover Mooi River-botter
  • 2 uie, gekap
  • ʼn knypie droë gemengde kruie
  • 125 g spek, in blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • ʼn knypie droë mosterd
  • 250 ml vars witbroodkrummels
  • 500 ml Clover-volroommelk
  • 1 blikkie (150 g) gevlokte hoender in water gedreineer
  • 500 ml fyngerasperde Clover Mature Cheddar-kaas
  • 3 eiers

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn groot muffinpan.
  2. Smelt die botter in ʼn swaarboomkastrol en soteer die uie en kruie tot sag. Voeg die spek by en soteer tot gaar.
  3. Roer die sout, peper en mosterdpoeier deur die uiemengsel.
  4. Voeg die broodkrummels en melk by. Laat dit vir 2 minute prut sodat broodkrummels in die melkmengsel oplos. Verwyder van die stoofplaat en laat effens afkoel.
  5. Roer die hoender en kaas by.
  6. Klits die eiers en giet dit by die melkmengsel. Meng deeglik.
  7. Verdeel die mengsel tussen die holtes van die gesmeerde muffinpan. Vul elke holte tot net onder die rand.
  8. Bak vir 25 minute of tot gestol in die middel.
  9. Verwyder muffins uit die oond en laat dit effens in die muffinpan afkoel. Steek versigtig los met ʼn slaplemmes en haal uit die muffinpan. Bedien saam met slaai.

Bron: Ekonomiese gesinskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karoo ·

Hierdie is ‘n lekker bere resep, bacon maak alles beter en pas mooi by hoender. Dankie!!!

ELSE ·

More, waar kan mens blikkies gevlokte hoender kry, soos verwys na in die resep?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.