Soorte resepte:

Resep: Ontbytstafies

Ontbytstafies. (Foto: Lapa Uitgewer)

Gebruik hierdie resep vir gesonde ontbytstafies.

Lewer 12 porsies

Bestanddele

  • 2 eiers
  • 45 ml heuning
  • 60 ml bruinsuiker
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 80 ml kanola-olie
  • 80 ml onversoete appelsous
  • 310 ml amandelmeel
  • 60 ml kekerertjiemeel
  • 60 ml tapiokameel
  • 60 ml onverfynde sorghummeel
  • 330 ml glutenvrye hawermout
  • 2,5 ml sout
  • 5 ml glutenvrye (resep in WENK!) bakpoeier
  • 5 ml fyn kaneel
  • 1,25 ml xantangom
  • 125 ml geel sultanas
  • 125 ml fyngekapte okkerneute of gemengde neute

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n oondvaste pan met kleefwerende kossproei.
  2. Meng die eiers, heuning, bruinsuiker, vanieljegeursel, olie en appelsous.
  3. Voeg die droë bestanddele by en meng deur.
  4. Voeg die sultanas en neute by en druk in die voorbereide pan. Druk met nat vingers die mengsel eweredig in die pan.
  5. Bak 20-25 minute tot gaar en sny in vingers.
  6. Laat effens afkoel en verwyder uit die pan. Versier indien verkies.
  7. Verseël in ʼn lugdigte houer.

Glutenvrye bakpoeier

Bestanddele

  • 5 ml koeksoda
  • 10 ml kremetart
  • 5 ml mielieblom (opsioneel)

Metode

  1. Meng al die bestanddele goed saam. Gebruik dadelik of bêre in ‘n lugdigte houer.

Bron: Glutenvrye gebak & peuselhappies
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nommer 7 ·

Liewe vader! Om hierdie resep te maak moet jy jou jaarlikse bonus gebruik en jou kombuis moet binne in ‘n “upmarket” kruideniersware winkel wees, en as dit is, stap net na die rak en gaan koop die stafies.

Linda ·

Belaglike resep met sy 24 soorte meel en net 2 eetlepels van elk. Maar by gesondheid winkels of rassistiese Dischem moet jy 500g pakkies koop. Op die einde kan jy die duurste stafies by die gesondheidswinkel koop en dit sal nog steeds n bargain wees.

Jan Seerot ·

Ek’s ‘n alleenloper, en hier waar ek bly, is hierdie bestanddele nie beskikbaar nie…ek kry nie eers klapper hier nie. Nou kan ek nie Hertzoggies bak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.