Soorte resepte:

Resep: Ouma Elsa se piesangbrood

Ouma Elsa se piesangbrood. (Foto: KosMosTyd)

Geniet Ouma Elsa se heerlike piesangbrood uit Laerskool Bakenkop se resepteboek saam met ’n heerlike beker boeretroos.

Bestanddele

  • 125 ml botter
  • 250 ml suiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 2 eiers
  • 500 ml koekmeelblom
  • 5 ml bakpoeier
  • 2,5 ml sout
  • 4-6 ryp piesangs
  • 5 ml koeksoda
  • 250 ml kookwater

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-broodpan van 23 cm x 12 cm.
  2. Klits die botter en suiker tot dit romerig is.
  3. Voeg die vanieljegeursel by.
  4. Voeg die eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging.
  5. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en voeg by. Meng goed.
  6. Druk die piesangs goed fyn met ’n vurk en roer by die mengsel.
  7. Los die koeksoda op in 250 ml kookwater en voeg by.
  8. Meng alles goed saam en giet dit in die broodpannetjie.
  9. Bak vir 1 uur. Laat afkoel en bedien met botter.

Wenke

  • Die broodjies kan gevries word.
  • Die broodjie se geur verbeter as dit ’n paar dae lank in die yskas of ’n lugdigte houer bewaar word.

KosMosTyd kan teen R150 hier aangeskaf word. Skryf hier in om ʼn kans te staan om ʼn eksemplaar van KosMosTyd te wen.

Bron: KosMosTyd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.