Soorte resepte:

Resep: Laerskool Bakenkop se luilekker sampioensop

Laerskool Bakenkop se ‘KosMosTyd’. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Om hul 40ste verjaarsdag te vier, het Laerskool Bakenkop in Centurion, ʼn resepteboek, KosMosTyd, in plaas van die gebruiklike jaarboek saamgestel.

Hier is ʼn heerlike, luilekker sampioensop uit dié unieke resepteboek wat sommer vinnig aanmekaargeslaan kan word.

Genoeg vir 4 porsies

Bestanddele

  • 1 x 410 g-blik sampioensop
  • 600 ml volroommelk
  • 250 ml vars room
  • 1 pakkie sampioensoppoeier
  • 1 ui, fyngekap
  • 5 ml gemaalde knoffel
  • 20 ml kookolie
  • 250 g sampioene, baie fyn gekap
  • 1 pakkie spekblokkies, baie fyn gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • gekapte pietersielie

Luilekker sampioensop. (Foto: ‘KosMosTyd’)

Metode

  1. Meng die sampioensop, melk, room en sampioensoppoeier in ʼn kastrol en bring tot kookpunt oor ʼn lae hitte.
  2. Braai die ui en knoffel in ʼn braaipan in verhitte olie oor ʼn lae hitte tot sag en ligbruin. Voeg sampioene en spek by en braai tot bruin en bros.
  3. Voeg die sampioenmengsel by die sopmengsel.
  4. Prut oor medium hitte tot dik en romerig. lndien dit te dik raak, verdun met ʼn bietjie melk.
  5. Garneer met pietersielie en bedien.

KosMosTyd kan teen R150 hier aangeskaf word.

Bron: KosMosTyd

Wen!

ʼn Gelukkige Maroela Media-leser staan die kans om ʼn eksemplaar van Laerskool Bakenkop se resepteboek KosMosTyd ter waarde van R150 los te slaan!

Vul die vorm hieronder in om ʼn kans te staan om die Laerskool Bakenkop se resepteboek te wen.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum is Donderdag 8 September 2022 om middernag en die wenner sal Vrydag 9 September aangekondig word.
  • ʼn Wenner sal lukraak gekies word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media per e-pos en telefonies met die wenner in verbinding sal tree.
  • Sodra die wenner gereageer het, sal die persoon se naam op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Maroela Media en Laerskool Bakenkop kan nie aanspreeklikheid aanvaar as die pakkie beskadig word tydens aflewering nie.
  • Die prys sluit een eksemplaar van Laerskool Bakenkop se resepteboek KosMosTyd in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sandra ·

Lyk vreeslik lekker, maar dit lyk ook of hy nogals ‘n bietjie duur kan uitwerk ook.

Pieter ·

En helfte van die bestanddele is voorafvervaardigde produkte…… Ek sou baie graag eerder ‘n oorspronklike sopresep wou gehad het wat uit die staanspoor met vars bestanddele gemaak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.