Soorte resepte:

Resep-video: Sjokolade-en-klapperkoekies

Sjokolade-en-klapperkoekies. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Daar is niks wat ʼn huis na ʼn tuiste laat voel soos die reuk van tuisgebakte koekies nie.

Die resep is so maklik om te maak dat jy selfs die kinders kan roep om ʼn hand by te sit. Jy kan die koekies net so geniet, twee met gesmelte melksjokolade of selfs witsjokolade aanmekaar plak en in ʼn japtrap het jy jou eie Romany Creams gemaak.

Bestanddele

  • 2 e kakao, opgelos in 125 ml warm water
  • 250 g botter, kamertemperatuur
  • 1 t vanieljegeursel
  • 150 g strooisuiker
  • 340 g bruismeel
  • 135 g fyn klapper
  • knippie sout

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ʼn bakplaat met kleefwerende kossproei.
  2. Klits die botter en suiker tot lig en romerig.
  3. Gooi die kakaomengsel by en klits vir sowat 1 minuut tot romerig.
  4. Vou die meel, klapper en sout by die bottermengsel in.
  5. Skep eetlepels vol, rol in balletjies en plaas dit op die voorbereide bakplaat plat met sowat 2 cm spasie tussen elke koekie.
  6. Druk dit dan met ʼn vurk plat.
  7. Bak dit in die oond vir 20 minute en laat dit dan afkoel vir 5 minute voordat jy dit verder op ʼn afkoelrak laat afkoel.
  8. Geniet hulle net so, of plak twee koekies teenmekaar met gesmelte sjokolade (400 g melk sjokolade en 2 eetlepels klapperolie werk lekker hiervoor).

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Besoek Die Koöperasie om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karoo ·

Die mense wat die resep plaas en uit dink bak seeker nie self nie. 4 JAAR terug WAS ‘n standaard sjokelade staaf nog 100g….dis nou 80g en die “ou kneuwel” was 200g….en is nou ‘n skamele 150g. Se maar net…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.