Soorte resepte:

Só werk jou kosvoorkeure

(Foto: Pixabay)

Om te eet is iets wat almal gemeen het. Wát ons eet in verskillende dele van die wêreld, asook in verskillende gelowe en kulture verskil dalk, maar die feit bly dat daar geëet word.

Om te eet is ʼn sensoriese en geestelike ervaring van sleutelbelang waar ʼn mens se proeknoppies en neus leiding neem. Ons kan vier smake proe – bitter, sout, soet en umami (ʼn natuurlike geur soos eiervrug of sampioene). En jou neus speel die grootste rol daarin of jy van kos sal hou of nie.

Die internasionale raad van voedselinligting (IFIC) het in 2014 ʼn studie gedoen wat toon dat die smaak van kos die belangrikste is vir verbruikers en dat mense toenemend ook die voedingswaarde van kossoorte in ag neem wanneer hulle besluit of dit vir hulle lekker is of nie.

Die oorweldigende meerderheid van die deelnemers aan dié studie het aangedui dat die smaak van kos die belangrikste is. Daarna, in volgorde, was die prys, voedingswaarde en gerief.

Tussen 2006 en 2014 was die smaak van kos konstant die belangrikste, maar mense het minder begin omgee oor die gerief van die kos wat hulle eet. Daar was ook ʼn skerp toename, veral sedert 2010, in hoe belangrik dit vir menseis  om kos te eet wat gesondheid bevorder.

Om vas te stel of jy van ʼn kossoort hou of nie, moet jy drie stappe volg:

  1. Aanskoulikheid – hoe dit lyk, ruik en voel
  2. Smaak – tekstuur, basiese smake, gevoel in mond, retro-nasale reuk
  3. Inname – om die kos te sluk en in jou liggaam toe te laat

Faktore soos geloof, kultuur, etiese oortuigings, omgewingsbewaring en eters se ligging speel ʼn groot rol in wat hulle kies om te eet en nie te eet nie. Dit hang wel hoofsaaklik van die smaakknoppies en neus af om vas te stel wat ʼn eter se voorkeure is.

Smaak

  • Navorsing toon dat die klank van ʼn krakerige tekstuur die persepsie van ʼn soet smaak verhoog, terwyl die klank van ʼn minder krakerige tekstuur die persepsie van bitter eienskappe verhoog.
  • Die gevoel van die kos in jou mond beïnvloed die hoeveelheid breinaktiwiteit tot ses keer meer wanneer dit met smaak gepaard gaan. Byvoorbeeld, as jy jou neus toedruk en iets eet, sal jy die kos in jou mond kan voel, maar as jy jou neus oopmaak, sal die ervaring heeltemal anders en meer kompleks wees.
  • Die tekstuur-ervaring van kos sal die slukbesluit beïnvloed.
  • ʼn Negatiewe ervaring met die tekstuur van kos kan jou geurvoorkeure vir altyd beïnvloed.

Aroma

  • Die aroma wat ons kry, veral deur die retro-nasale kanale (nie deur die neusgate nie), stuur spesifieke seine na die brein.
  • Reuke aktiveer meer breinaktiwiteit as enige ander sintuig.
  • Aromas in kos kry beter betekenis (of jy daarvan hou of nie) deur die kos te eet, as om dit slegs te ruik.
  • Aroma-voorkeure word aangeleer en kan nie later uitgewis word nie.
  • Jy onthou slegte aromas beter as goeies. Dit is jou liggaam se manier om jou te beskerm teen iets waarvan jy nie hou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karinb ·

Nou verstaan ek hoekom ek nie vars koljander kan verdra nie: Ruik vir my nes stinkbesie! Dis glo oorerflik.

Asterix ·

Uiteindelik nog iemand! Gedog ek is al een. Presies soos stinkbesie ruik proe dit v my ook! Díé post wys ek beslis v my skeptiese gesin!

dada ·

Ek haat dit as iemand anys in enigiets behalwe beskuit gebruik. Jig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.