Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Grenadellakaaskoek

Grenadellakaaskoek (Foto: Verskaf)

“Dit gebeur met almal van ons dat jy in die middel van die nag die yskasdeur oopmaak en die soetgogga byt. Hierdie kaaskoek wat min moeite verg is binne ’n kits gereed en die resep is baie eenvoudig,” sê Annelien Pienaar, voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

Bestanddele

  • 1 pakkie Tennis-beskuitjies
  • 250 g roomkaas
  • 250 ml grenadellamoes
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 1 e gelatien in 50 ml kookwater opgelos
  • 250 ml room
  • knippie sout

Metode

  1. Berei ’n tertbak van ongeveer 20 x 20 cm voor. Pak die basis uit met die Tennis-beskuitjies. Spuit die beskuitjies met ’n fyn sproei water nat. Dit sal help om die koekies gou sag te kry. Net nie te veel water, net so 5 drukkies.
  2. Los die gelatien op in kookwater. Indien die gelatien soos korreltjies lyk verhit vir 5 sekondes en niks langer nie in die mikrogolf en roer deur tot dat die mengsel soos stroop lyk. Hou eenkant.
  3. Meng dan die roomkaas, kondensmelk, die helfte van die grenadellamoes, gesmelte gelatien en sout saam. Klits die room styf en vou by die beslag in.
  4. Skep in die bak en verkoel vir 2 uur in die vrieskas. Giet die laaste van die grenadellamoes oor die kaaskoek en plaas in yskas om verder te stol.

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.