Soorte resepte:

Resep: Japtrap-nagereg vir Moedersdag

Japtrap-nagereg vir Moedersdag. (Foto: verskaf)

Bederf jou ma met dié heerlike nagereg op Moedersdag. Dit is so lekker en maklik, dat die kinders in die huis dit beslis self sal kan maak.

Bestanddele

  • 2 k (500 ml) volroom gewone jogurt
  • 1 k (250 ml) gekoopte vla
  • ¼ k (60 ml) karamel (gekookte kondensmelk)

Metode

  1. Skep eerste die jogurt in ’n poedingbakkie met die vla bo-op en rond dit af met karamel.
  2. Herhaal met die ander drie poedingbakkies. Jy kan sommer skat, óf dit presies verdeel en afmeet dat elke bakkie 125 ml jogurt, 62,5 ml vla en 15 ml karamel kry.

Variasies

Die nagereg kan ook saam met gekookte appel- of peer-puree bedien word.

Hierdie resep is met vergunning van Lise Tredoux gepubliseer. Dit kom uit haar gesinsresepteboek, Dis nie lekker nie, DIS BAIE LEKKER!, wat sy saam met haar vyfjarige seun Leonard saamgestel het. Die resepteboek kos R350 (prys onderworpe aan verandering). Om die boek te koop stuur ʼn e-pos aan Lise na [email protected]. Jy kan ook hulle kosavontuur op die Facebook-blad, Dis BAIE lekker, volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.