Soorte resepte:

Resep: Jogurt-yskastert

Foto ter illustrasie. (Foto: Bruna Branco/Unsplash)

Bederf jouself met hierdie soet, middel-van-die-week-yskastert.

Bestanddele

Kors

  • 1 x 200 g-pakkie Tennisbeskuitjies
  • 60 ml Clover Mooi River-botter, gesmelt

Jogurtvulsel

  • 250 ml Clover‑ vars room
  • 1 x 90 g-pakkie sjokolade-kitspoeding
  • 180 ml Clover Bliss Double Cream Yogurt with Choc Chips
  • 1 x 250 g-bakkie gladde maaskaas

Sjokoladelaag

  • 1 x Flake‑sjokoladestafie

Metode

  1. Smeer ’n ronde tertbak wat ongeveer 20 cm in deursnee is.
  2. Kors: Kap die Tennisbeskuitjies fyn in ’n voedselverwerker. Giet die gesmelte botter by en meng weer goed.
  3. Druk die koekiekrummels op die bodem en teen die kante van die voorbereide tertbak vas.
  4. Jogurtvulsel: Klits die room en kitspoedingpoeier vir 2 minute saam in ’n groot mengbak.
  5. Meng die jogurt en maaskaas deeglik en voeg dit dan by die poedingmengsel.
  6. Skep die jogurtvulsel in die tertkors en laat die tert vir 4 uur in die yskas rus om te stol.
  7. Sjokoladelaag: Krummel die Flake oor die tert en bedien dadelik.

Bron: Ekonomiese gesinskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Madelein ·

O jitte, as jy die resep slaafs gaan volg gaan dit flop – kyk bietjie na die bestanddele vir die kors en dan vir die vulsel – die jogurt en maaskaas hoort by die vulsel en nie die kors nie

Elmarie ·

Madelein jy is reg, daardie bestandele moes nie onder die kors se bestandele kom maar wel onder die vulsel s’n!

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Madelein, Elmarie en Oe la la

Baie dankie vir julle kommentaar en jammer vir die fout. Die bestanddele vir die kors en jogurtvulsel is nou reg gelys om enige verwarring te voorkom.

Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.