Soorte resepte:

Resep: Koue soetighede vir die somer

Wanneer die soettand begin pyn en nageregte jou nader wink, sal dié paar koue soetighede heerlike lafenis vir die warm somerweer bied.

Malvalekkertert

Daar is min dinge so lekker soos ʼn heerlike stuk yskastert saam met ʼn lekker warm koppie koffie. Dié tertresep is maklik om aanmekaar te slaan wanneer jy dit vir baie mense maak en dit werk ewe goed in kleiner, individuele bakkies.

Kry die volledige resep hier.

Jogurt-ysies

Dié smaaklike ysies is perfek om die hitte van die somer af te weer.

Jogurt-ysies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

Peperment-yskastert

Nooi solank jou bure vir ʼn koppie koffie en tert die naweek – hulle gaan heerlik hieraan smul.

Peperment­-yskastert (Lapa Uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

Koffie-en-kondensmelkroomys

Dit is geen geheim dat koffie heel boaan Maroela Media se inkopielys is nie – daar is altyd ʼn goeie verskoning vir ʼn lekker koppie koffie.

Met hierdie resep kan jy jou koffie op ʼn warm somersdag óók geniet. Dit is vinnig en maklik; jy benodig slegs drie bestanddele met vyf maklike stappe.

Kry die volledige resep hier.

Vlaskywe

Vergeet van ʼn besoek aan die tuisnywerheid, maak sommer jou eie vlaskywe.

Foto ter illustrasie. (Foto: Lapa Uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.