Soorte resepte:

Resep-video: Gevulde pannekoeke

Gevulde pannekoeke. (Foto: Zandeleen Thygesen/Maroela Media)

Pannekoek is altyd ʼn goeie idee, maar kom ons maak dit nóg lekkerder.

Bestanddele

  • 4 eiers
  • 4 k meel
  • 125 ml asyn
  • 4 t bakpoeier
  • 4 k water (hou ekstra byderhand indien die beslag te dik is)
  • 1 k olie
  • 1t koeksoda
  • sout

Metode

  1. Klits die eiers en gooi water en olie by. Voeg dan die asyn by.
  2. Sif die droë bestanddele saam en voeg by die nat bestanddele. Meng goed tot daar geen klonte is nie.
  3. Verhit ʼn braaipan, spuit kossproei en skep van die pannekoekmengsel in die braaipan.
  4. Bak aan albei kante tot gaar.
  5. Sprinkel kaneelsuiker oor of sit jou gunstelingvulsel in.

Vulselidees

Soetpannekoek

  • Verskeie vrugte met ongegeurde jogurt
  • Kaneelsuiker

Ontbytpannekoek

  • Eiers, spek en grasuie

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

Maroela Media spog nou met ons eie resepteboek, Huis-huis. Koop dit hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.