Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Pasta Alfredo

Tuisgemaakte pasta (Foto: Verskaf)

“Alfredo-styl pasta is ’n heerlike, romerige sous wat met enige vorm van pasta bedien kan word,” sê Annelien Pienaar, voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

“Ek maak meestal my pasta self en vind dat tagliatelle (die lang plat stringe) met hierdie sous so sag soos satyn proe. ʼn Variasie van bestanddele kan die basissous verander na iets wat elke smaak en geur pas.”

In hierdie resep gee ek die basiese riglyn vir die sous en die variasies kan soos volg wees:

Vir hierdie foto het ek ʼn ham-en-ertjiekombinasie gedoen en ʼn bietjie vars pietersielie bygevoeg. Hierdie sousresep is genoeg vir 500 g pasta en kan met gemak verdubbel word.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 3 e botter
  • 500 ml room
  • 250 ml parmesaankaas, vars gerasper

Metode

  1. Plaas die botter en room saam in ʼn kastrol en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Kook vir 5 minute en voeg die kaas by en roer deur met ʼn draadklitser. Verwyder van hitte en giet oor die pasta en bedien dadelik.

Variasies: 

Vir elke bestanddeel genoem, kan jy 250 g daarvan by die sous voeg:

  • gaar spekvleis
  • kombinasie van gaar uie en sampioene
  • gaar ham
  • selfs oorskietvleis

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.