“Ons word van kleins af vertel hoe gesond groen groente is. Dit is baie waar, maar baie van ons vermy dit steeds weens die mite dat ‘groen’ gelyk is aan ‘sleg’. Kom ek wys jou hoe groen, gesond en lekker ek ʼn gereg kan maak,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek Armand kook kaal.
Lewer 2 porsies
Bestanddele
- olyfolie
- 2 hoenderborsies, in klein blokkies gesny
- 1 prei, gekap
- 1 knoffelhuisie, fyn gesny
- 1 k brokkoli, grof gekap
- 4 murgpampoentjies, in skywe gesny
- 1 k jongspinasie
- 250 ml suurroom
- 1 k ertjies
- 1 e basiliekruidpesto
- 1 e pampoensade
- varsgemaalde sout en peper
- grasuie, gekap
Metode
- Gooi olyfolie in ’n braaipan en braai die hoenderborsblokkies tot ligbruin. Maak seker dat dit nie gaar word nie, want dit word later weer bygevoeg. Hou dit eenkant in ’n bakkie.
- Voeg nog olyfolie in die braaipan en braai die prei en knoffel saam vir 1 minuut.
- Voeg die brokkoli en murgpampoentjies by en braai tot halfgaar.
- Voeg die hoender by die groente. Voeg die jongspinasie by en roer goed deur.
- Roer die suurroom by die hoender in en voeg die ertjies by. Plaas ’n deksel op die pan en laat dit vir 3-5 minute prut.
- Roer die basiliekruidpesto en pampoensade by en laat weer vir 2 minute prut. Geur met varsgemaalde sout en peper.
- Bedien in bakkies (groen bakkies indien moontlik om heeltemal oorboord met die tema te gaan).
- Garneer met die varsgekapte grasuie.
Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp
Uitgewer: Lapa
My vrou het die resep vanoggend gesien en my laat weet sy gaan dit vanaand vir ons maak. Ek het haar maar nou laat weet, sy moet dit maar maak vir haar, ek sal ongelukkig moet laat werk, sal sommer vir my iets bestel en laat aflewer:-)