Soorte resepte:

Resep: Kerrieskaappotjie

Kerrieskaappotjie (Froto: Lapa-uitgewers)

Skaapvleis wat lekker lank gekook is, baba-aartappels en wortel … kan jy dit al proe?

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 45 ml olyfolie
  • 30 ml kerriepoeier
  • 5 ml gemengde speserye
  • 10 ml fyn koljander
  • 30 ml droë gemengde kruie
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 2 kg skaapstowevleis, soos nekskywe en skenkels
  • 250 ml rooiwyn
  • 750 ml vleisaftreksel
  • 4 wortels, geskil en in ringe gesny
  • 16 baba-aartappels
  • 10 pekeluie, geskil
  • 250 g sampioene, gehalveer
  • 200 g vlapampoentjies, in kwarte gesny
  • 15-30 ml mielieblom om sous te verdik
  • 1 klein koolkop, fyngekerf
  • dun groenboontjies, in stukkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Verhit die olie en soteer al die speserye, kruie en knoffel in ʼn groot kastrol.
  2. Verbruin die vleis in die mengsel tot goudbruin aan weerskante. Roer dit ʼn paar keer deur sodat die speserye goed versprei en nie aanbrand nie.
  3. Roer die wyn en die helfte van die aftreksel by en verlaag die hitte. Laat prut die vleis vir 1½ uur of tot dit begin sag word.
  4. Strooi die wortels, aartappels en uie in ʼn laag oor die vleis en prut vir 15 minute.
  5. Plaas die sampioene en pampoentjies bo-op en laat prut nog 10 minute. Giet die orige aftreksel oor, maar moenie roer nie. Indien verkies, kan 15-30 ml mielieblom by die laaste aftreksel ingeroer word om die sous te verdik.
  6. Voeg die kool en boontjies vir die laaste 10 minute by en laat prut tot al die groente gaar, maar nie pap is nie. Moet steeds nie roer nie.
  7. Geur na smaak en sit dit warm voor.

Bron: Spogresepte, Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-unie deur Heleen Meyer

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan ·

Die kos lyk baie lekker en die resep is great maar dit sou regtig great wees om meer eenskottel resepte te sien wat vir 1 of 2 mense bedoel is. Dit is baie duur om vir een persoon kos te maak want jy moet baie van die goed in groot maat (bv. ‘n pak wortels) kry en teen die tyd wat die driekwart van dit klaar is moet jy dit wat oorbly weg gegooi word omdat dit oorryp of onbruikbaar geword het.

andre ·

Jan, ek stem heelhartig saam, hierdie resep klink en lyk vreeslik lekker, maar ek en my vrou is pensioenarisse, potjies maak ek gereeld net vir ons twee, maar hou van iets wat anders is as ons eie resepte, net vir ons twee. Party van die resepte op maroela en ander plekke kan mens nie halfeer sonder om kwaliteit in te boet nie. So ja ek stem saam , kleiner maat resepte sal welkom wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.