Resep: Vars somerpastaslaai

Vars somerpastaslaai (Foto: Lapa-uitgewers

“Hierdie slaai word letterlik gesny en bymekaar gegooi. Jy kan die chorizo in ʼn braaipan braai om die geure effe aan te wakker, maar dit is glad nie ʼn vereiste nie,” sê Armand Aucamp in sy kookboek, Armand kook kaal.

Bestanddele

  • 2 porsies zoedels
  • 1 blik (390 g) artisjokke, gedreineer
  • 200 g jongtamaties
  • ½ pakkie (90 g) pitlose groenolywe
  • 2 fetawiele
  • 150 g chorizo
  • 100 g gekapte okkerneute
  • 1 e basielkruidpesto
  • 80 g wilderoketblare
  • 3 e olyfolie

Metode

  1. Plaas alles op ʼn bord
  2. Eet
  3. Geniet

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
koos

Ek is miskien stupid maar wat is zoedels?

SUSAN

Bestanddele van slaai te duur. Nie vir pensionarisse bedoel.