Soorte resepte:

Resep-video: Hoendersosaties

Hoendersosaties. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie hoendersosaties is heerlik vir ʼn braai saam met vriende en familie. Bedien dit op ʼn warm somersdag saam met slaai en ʼn broodjie.

Die sosaties werk sowat R150 uit, indien jy die bestanddele by uitgesoekte SPAR-handelaars aankoop. Dié prys* is uitgewerk vir al die bestanddele, behalwe die stapelitems wat jy waarskynlik reeds in jou kombuiskaste het.

*Die prys is uitgewerk op spesifieke SPAR-handelaars se pryse en kan verskil. 

Bestanddele

  • 1 kg hoenderborsies, in blokkies gesny
  • 2 e olyfolie
  • ½ k gewone volroomjogurt
  • 2 t paprika
  • 2 t komyn
  • 2 t sout
  • 1 t uiesoppoeier
  • 1 t gemmer
  • ½ t swartpeper
  • ½ t borrie
  • 1 tot 3 t knoffel, gerasper
  • 2 e pietersielie, fyngekap
  • 2 e koljander, fyngekap
  • 1 groen, rooi en geel soetrissie, in blokke gesny

Metode 

  1. Meng die olyfolie, jogurt, paprika, komyn, uiesoppoeier, gemmer, swartpeper, borrie, knoffel, pietersielie en koljander in ʼn mengbak.
  2. Gooi die hoenderstukkies daarby en meng goed, sodat al die stukkies met sous bedek word.
  3. Laat die hoender marineer vir minstens ʼn uur of selfs oornag.
  4. Week die sosatiestokkies in warm water vir sowat 20 minute voordat jy die hoenderstukkies en soetrissies deurryg.
  5. Braai dit oor matige kole vir sowat 15 minute of tot gaar terwyl jy dit gereeld met die marinade smeer.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

Dankie aan SPAR wat dié video geborg het. Ons het van SPAR se handelsmerkprodukte vir die bestanddele gebruik, asook produkte uit SPAR se jongste Masterchef-reeks. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.