Soorte resepte:

Vyf redes om ‘MasterChef Australia’ te kyk

Andy Allen, Melissa Leong en Jock Zonfrillo in die 18de episode in die jongste reeks van “MasterChef Australia”. (Foto verskaf)

Suid-Afrikaners kan nou uiteindelik ook nader skuif vir die jongste aflewering van die gewilde TV-kosprogram, MasterChef Australia. Dit is ook die laaste reeks waarin Jock Zonfrillo as beoordelaar te sien is.

Die Skots-gebore Jock was ʼn bekroonde sjef en skrywer. Hy is skielik in Mei dood, ʼn dag voor die eerste uitsending van die 15de seisoen, het Maroela Media vroeër berig.

MasterChef Australia skop wel hierdie Vrydag om 18:00 op M-Net kanaal 101 af en in die 15de seisoen sal ʼn splinternuwe groep van 18 hoopvolle tuiskokke weer meeding om die titel as dié vasteland se topsjef te wen. Die wenner ontvang ook  ʼn allemintige kontantprys van $250 000 (sowat R3,1 miljoen).

Hierdie reeks beloof om ʼn fees van kos, propvol kompeterende uitdagings, draaie en ander smullekker verrassings te wees, waar die professionele sjefs en beoordelaars Andy Allen, Melissa Leong en Jock hul rykdom van indrukwekkende kulinêre kundigheid inspan om die beste sjef te keur.

Hoekom sal jy van MasterChef Australia hou?

  1. Daar is talle fantastiese nuwe tuiskokke. Die 15de seisoen bevat ʼn reeks van talentvolle tuiskokke wat uit verskillende kulinêre agtergronde kom, insluitend Rusland, Oekraïene, Italië, China en selfs Zimbabwe, om maar net ʼn paar te noem. Hierdie deelnemers sal heerlike kreatiewe geregte opdis en die unieke skoonheid en kookkuns van hul eie erfenis en Australië tentoonstel.
  2. ʼn Reeks wat jou hart raak. Kos is ʼn universele liefdestaal. Kykers gaan lag, huil en moontlik selfs ʼn bietjie kwyl terwyl die deelnemers hul hart gaan steel met hul stories en heerlike disse.
  3. Watertand resepte: Raak opnuut geïnspireer terwyl jy kyk en leer by Australië se beste tuiskokke terwyl hulle hul beste geregte in die MasterChef-kombuis voorsit.
  4. Indrukwekkende gasbeoordelaars: Kay-Lene Tan, die Ritz-Carlton se sprankelende deegsjef; Curtis Stone, ʼn Australiese supersjef; die ikoniese sjef Luke Nguyen; en die kosster Maggie Beer is van die gewilde gaste wat as beoordelaars vir hierdie reeks sal optree.
  5. MasterChef Australia is steeds Australië se suksesvolste kookkompetisie. Die reeks het in 2022 ʼn prys vir die gewildste realiteitsprogram by die TV Week Logie-toekennings gewen, en is ook onlangs met sy sesde Australian Academy of Cinema and Television Arts (AACTA)-toekenning as beste realiteitsprogram bekroon.

MasterChef Australia kan van die 30 Junie op M-Net gekyk word en sal van Maandae tot Vrydae om 18:00 uitgesaai word. Kykers kan dit ook van die DStv-app af stroom en dit sal ná die uitsending op DStv Catch Up beskikbaar wees om weer te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JvR ·

Vyf goeie redes om Masterchef Australie te kyk is die eerste vyf minute van Masterchef SA. Word viniger afgesit as n Justin Bieber CD

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.