Allerhande gebruike vir droë ys

(Foto: Dry Ice International)

Dry Ice International bied alternatiewe metodes vir verkoeling met veelsydige toepassings van droë ys.

Droë ys se besonderse verkoelingseienskappe bied praktiese oplossings vir verskeie uitdagings in die alledaagse lewe. Dry Ice International het ’n wye reeks handelsmerke ontwikkel, wat die gebruik van droë ys maklik en moeiteloos aan die eindverbruiker verduidelik.

Klik hier om meer te lees oor die gebruik van droë ys in noodgevalle.

Droë ys is die kitsantwoord vir verkoeling tydens beurtkrag.

Klik hier om uit te vind hoeveel droë ys jy benodig.

Droë ys kan bederfbare produkte koud of gevries hou gedurende tye van kragonderbrekings of verkoelingstoerusting wat onklaar geraak het.

Droë ys is ook ’n aanwins vir ontspanningsdoeleindes. Klik hier om meer te lees.

Wanneer die beskikbaarheid van elektrisiteit beperk is, byvoorbeeld wanneer jy kamp of langafstand reis, is droë ys die ideale oplossing om kos en vleis koud of gevries te hou. Klik hier om meer te lees.

Droë ys is onontbeerlik tydens enige jagekspedisie. Kyk gerus na hierdie video:

Droë ys kan ook gebruik word vir die behoud van ʼn karkas gedurende die terugtog huis toe, na afloop van ʼn jagekspedisie in die bosveld. Die ultra-lae temperatuur van -79 °C verseker dat die vleis deeglik verkoel word en vars bly. Die teenwoordigheid van CO2 (koolsuurgas) in die koelhouer voorkom infestasie en voorkom gevolglik besmetting deur insekte.

Droë ys is beslis voordelig op die plaas. Klik hier om meer te lees.

Dieremishandeling is ʼn onderwerp wat dikwels aandag plaaslik geniet. Dry Ice International het ʼn innoverende droë ys-brandmerkmetode ontwikkel – die pynfaktor by beeste word omseil en ʼn skoon en netjiese brandmerk gelaat, sonder die risiko vir infeksie of oop wonde op die dier.

Droë ys kan boonop ook suksesvol aangewend word vir verstopte boorgate en die volle sterkte vloei van water herstel soos op hierdie video gesien kan word:

Droë ys kan ook spesiale effekte skep tydens sosiale geleenthede. Droë ys bied ʼn verskeidenheid van toepassings wat ʼn unieke atmosfeer skep by funksies of spesiale geleenthede en gaste aan die gons sal hê. Bedien sprokiedrankies met ʼn stukkie droë ys en omskep ʼn eenvoudige drankie in ʼn spesiale ervaring.  Verander die dansvloer in ʼn wonderwêreld wat mense sal laat dink hulle dans in die wolke.

Klik hier om meer te lees en kyk hierdie video:

Dry Ice International is “cooler” as ys.  Dry Ice International se voedselgraad droë ys word met wêreldgehalte toerusting vervaardig, wat hoë kwaliteit droë ys lewer aan kliënte om die behoud van bederfbare produkte te verseker. Klik hier om meer te lees.

Kyk na hierdie video oor die vervaardiging van droë ys:

Dry Ice International verskaf ʼn wye reeks polistireenhouers toepaslik vir die berging en vervoer van droë ys. Besoek die webwerf vir meer inligting hieroor: https://dryice.co.za/polystyrene-containers/

Droë ys is landswyd geredelik beskikbaar met uitgebreide aflewering in enige dorp. Besoek www.dryiceeshop.co.za.

Dry Ice International bied sedert 1994 innoverende droë ys-tegnologie en toeganklike oplossings aan die Suid-Afrikaanse publiek. Die onderneming is alombekend vir toegewyde nasionale kliëntediens, kreatiwiteit, innovasie en hoogs gekwalifiseerde personeel. Besoek gerus die webwerf by www.dryice.co.za vir meer inligting en waar jou naaste handelaar is.

  • Dry Ice International stal by die Sakeliga KragDag Sentraal 2023 uit van 9-12 Augustus, op Diamantvallei Landgoed, net 20 km oos van Pretoria. Kaartjies vir hierdie Alternatiewe Energie en Selfstandigheid Ekspo beloop R50 per volwassene aanlyn en kinders onder die ouderdom van 18 kan die ekspo gratis bywoon. Koop jou kaartjie vandag nog by waantu.co.za

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.