Grootste ‘Damsak’ nóg nou beskikbaar

So lyk die 50 000 liter-sak – en nou is daar een wat veel, véél groter is. (Argieffoto: Damsak® Reservoir)

Dit duur slegs ʼn paar uur om Damsak op te rig, geen permanente struktuur is nodig nie en nou is die grootste Damsak nóg – ʼn allemintige 333 000 liter – ook beskikbaar.

Damsak Reservoirs is een van die voorste verskaffers van waterbergingsoplossings in Suid-Afrika en “erken die kritieke rol wat water speel in volhoubare bedrywe en gemeenskappe”. Die maatskappy het onlangs ook na ander wêrelddele begin uitbrei en sê hy lewer opgaar-oplossings vir “streke wat steier weens infrastruktuuruitdagings”.

ʼn Damsak is ʼn geslote houer wat gebruik word om vloeistof, meestal water, op te gaar en dien as ʼn soort reservoir vir alles van die landboubedryf, tot sakeondernemings en nywerhede.

Die reservoirs verskaf ʼn robuuste oplossing wanneer infrastruktuur ineenstort of wateronderbrekings voorkom en verseker dat ʼn onderneming deurlopend toegang tot water het. “Van vervaardiging wat volgehou word, tot die verskaffing van drinkbare water vir werkers, waarborg Damsak ononderbroke werkvloei en skep dit sakekontinuïteit, selfs onder uitdagende omstandighede,” sê die maatskappy.

(Foto: Damsak Reservoirs SA/Facebook)

Waar die 250 000 liter-opgaarsak vantevore die grootste was, spog Damsak nou met ʼn nuwe 333 000 liter-weergawe. Die nuwe grootte is beskikbaar gestel ná versoeke vir selfs groter kapasiteit om te voldoen aan die groeiende waterbehoeftes van sakeondernemings wêreldwyd.

“Ons uitbreiding na die internasionale mark benadruk ons verbintenis tot die lewering van hoëkapasiteitsoplossings wat aangepas kan word om die uitdagings wat ondernemings wêreldwyd in die gesig staar, te bowe te kom,” sê Gordon Bredenkamp, medestigter van Damsak Reservoirs.

  • Besoek Damsak vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Goldy ·

Dit was n groot plesier om so ‘’n dam in lewende lywe by nampo te sien. Groeiende mark – huishoudings in dorpe waar water geberg moet word. As julle reeds so iets het wat op n erf sal pas, vandaalbestand en versteek of gekamofleerd genoeg is vir goedkeuring by huiseienaarsverenigings laat weet gerus en laat die bestellings instroom.

Duck ·

Toe ek nog gewerk het (afgetree) het ons dit ‘n “bladder” genoem en reeds baie olie van transformers en of water van damme daarin geberg.
Maar ja, die een vat die koek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.