LNR vereer top-vleisbeeste

Die Landbounavorsingsraad het sy 44ste nasionale vleisbeesprestasietoekennings gehou. (Foto: Youtube-skermgreep)

Die Landbounavorsingsraad (LNR) het vandeesweek weer die toppresteerders in sy nasionale vleisbeestoekennings, wat in hul teel- en produksiepraktyke uitgeblink het, aangewys. Die onderskeie wenners in sewe kategorieë is tydens ʼn virtuele prysuitdeling aangekondig.

Vanjaar was dit die 44ste aflewering van die toekennings en dit het ten doel om die beste koeie, bulle, provinsie, kommersiële boere, opkomende boere, mentors, spesiale prestasietoetse en verbeteringskuddes in die vleisbeessektor te vereer.

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling (DALRRD) was sedert sy ontstaan ʼn sleutelbelanghebbende by hierdie toekennings en het dié rol vanjaar weer vervul.

Pierre-André Cronje met sy Afrikaner-bul, MC 20 0666 (Foto: Verskaf)

MC 20 0666 (Foto: Verskaf)

Elk van die sewe kategorieë word deur verskeie landboumaatskappye en rolspelers geborg en die borge wat een of meer van die verskillende kategorieë geborg het, was Plaas Media, Farmer’s Weekly, Molatek en GMP Basic. Plaas Media is vanaf 2022 die hoofborg van die toekennings.

Die finaliste en wenners het weereens die bedryf verras:

Nasionale beste elite-koei

Altesaam 22 koeie het die top-eerbewyse in hierdie kategorie ontvang:

  • Afrikaner deur Pierre-André Cronje se MC 11 0035;
  • Afrisim deur Hentie Jansen van Rensburg se JVR 08 0058;
  • Angus (swart) deur Nico Steyn se WK 12 0107;
  • Angus (rooi) deur Andrew Masterson se ACM 12 0010;
  • Ankole deur Paul de Wet se DT 07 0025;
  • Beeskorthoring deur Neil Dry se NMS 11 0017;
  • Bonsmara deur Hannes van den Berg se V 10 0249;
  • Boran deur Brandon en Duana Brooks se BAR 12 0147;
  • Braford deur Heelbo Boerdery se BB 11 001;
  • Braunvieh deur André & Annemarie Reitsma se N 12 0029;
  • Charolais deur Johannes Markram se ESS 13 0013;
  • Dexter deur JL Botha, Mariëtte Heath, en Tom Heath se TM 12 0001;
  • Drakensberger deur Carel Nel se CL 09 0069;
  • Limousin deur AJ du Toit se LR 05 0007;
  • Nguni deur Frik Geyser se AVM 06 0368;
  • Pinzyl deur Fanie Potgieter se PZ 11 0193;
  • Romagnola deur Dail van Rensburg se DT 10 0102;
  • Santa Gertrudis deur Desmond Robertson se SS 13 0009;
  • Simmentaler deur Boswald Simmentalers en Reitzdale Simmentalers se JS 10 0015;
  • South Devon deur Gielie van Zyl se BG 11 0027;
  • Sussex deur Kiewiet van Jaarsveld se JVJ 13 0020 en
  • Tuli deur Albie Rautenbach se R 11 0015.

Alpheus Denga met sy Boranbul, DE 20 0719 (Foto: Verskaf)

DE 20 0719 (Foto: Verskaf)

Nasionale platinum-bul-toekennings

Sewe bulle is vanjaar met die titel bekroon:

  • Pierre-André Cronje se Afrikaner MC 20 0666;
  • Daan Viljoen se Bonsmara EHE 20 0188;
  • Nick Serfontein se Bonsmara NFS 20 0063;
  • Gerrie Oelofse se Boran BG 20 0097;
  • Alphens Denga se Boran DE 20 0719;
  • Johan Fourie’s Limousin YF 20 0001 en
  • Desmond Robertson se Santa Gertrudis SS 20 0147.

Nick Serfontein met sy Bonsmarabul, NFS 20 0063 (Foto: Verskaf)

NFS 20 0063. (Foto: Verskaf)

Kaonafatso ya Dikgomo- (Kyd-)skema se nasionale provinsie van die jaar

Kaonafatso ya Dikgomo is ʼn opleiding-en-diensteskema vir opkomende boere en kleinboere en in hierdie kategorie is silwer, goud en platinum aan die volgende provinsies toegeken:

  • Silwer – Oos-Kaap;
  • Goud – Noordwes en
  • Platinum – KwaZulu-Natal.

Nasionale KyD-beesboer van die jaar

Die toekennings het aan Selina Hladebi van Bakwa-Hlabedi-boerdery in Gauteng gegaan. Hladebi boer met Bonsmara-beeste.

Gerrie Oelofse met sy Boranbul, BG 20 0097 (Foto: Verskaf)

BG 20 0097 (Foto: Verskaf)

Nasionale mentor van die jaar

Vanjaar het nie net een nie, maar twee mentors die titel gekry:

  • Mpho Munyai van die Magaliesburg-streek en
  • Gert Brits van Delareyville.

Daan Viljoen en sy Bonsmarabul, EHE 20 0188. (Foto: Verskaf)

EHE 20 0188 (Foto: Verskaf)

Nasionale spesiale prestasietoetsklas

Altesaam 13 bulle is in hierdie kategorie vereer:

  • Afrikaner deur Jannie Visagie se JEV 20 0151;
  • Angus (swart) deur Stefan Terblanche se FG 200782;
  • Boran deur Zippo Lamprecht se zip 20 0041;
  • Braford deur Gert van der Merwe en Johan de Jager se GM 20 0043;
  • Brahman deur Justin de Bruyn se H2O 20 0013;
  • Brangus deur Myburgh en Tewie Wessel se WW2 20 0031;
  • Braunvieh deur Erik de Klerk se DEK 20 0053;
  • Charolais deur Dami Stemmett se DS 20 0511;
  • Hereford deur Danie van Breda se DVB 200047;
  • Limousin deur Johan Fourie se YF 20 0090;
  • Nguni deur Hannes Eksteen se EX 20 0251;
  • Santa Gertrudis deur Desmond Robertson se SS 20 0146 en
  • Sussex deur Erina en Carlé Cillié se BK 20 0028.

Johan Fourie met sy Limousin-bul, YF 20 0001. (Foto: Verskaf)

YF 20 0001. (Foto: Verskaf)

Nasionale verbeteringskudde van die jaar

Die algehele wenner in hierdie kategorie is Stefan Terblanche van die Fredericksburg Angusstoetery. Die finaliste is:

  • Johannes Botha van Bodeel Angus;
  • Jan Dhooge van D’Hofstee Drakensbergerstoetery;
  • Ben Raath van Donkerhoek Thuli-stoetery;
  • Hannes Eksteen van Eksteen Nguni’s & Sanga’s;
  • Stefan Terblanche van Fredericksburg Angusstoetery;
  • Danie van Breda van Ja-Niel Herefords;
  • Gideon Botha van Kolskoot Borane;
  • Pieter en Janneman Genis van PG’s Borans;
  • Riaan Theron van RAT Brahmane;
  • Desmond Robertson van Santarific Santas en
  • Lucas Msiza van Sizalo Bonsmara.

Desmond Robertson met sy Santa Gertrudis-bul, SS 20 0147 (Foto: Verskaf)

SS 20 0147 (Foto: Verskaf)

Kyk hier na die toekenningsgeleentheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.