16 vinnige feite oor Valentynsdag

Die liefde is in die lug, want dit is Valentynsdag! Oral loop mense met bosse blomme, teddiebere en sjokolade rond.

Het jy al ooit gewonder hoeveel geld op rose uitgegee word op Valentynsdag? Of hoeveel mense op Valentynsdag verloof raak? Raylene de Wet, direkteur van geleenthede by Hyatt Regency Johannesburg, het ʼn paar interessante feite oor Valentynsdag gegee wat jy dalk nie geweet het nie.

  • In die VSA alleen bestee mense sowat R272 miljard op Valentynsdag.
  • Valentynsdag is een van die grootste inkopietye van die jaar.
  • Sowat 50% van mense in die VSA én in die VK vier Valentynsdag.
  • Sowat 6 miljoen paartjies raak jaarliks verloof op die dag van liefde.
  • Valentynsdag word nie meer net tussen paartjies gevier nie, maar ook tussen vriende, kollegas, onderwysers en troeteldiere.
  • Vanjaar sê 27% van die mense wat Valentynsdag vier, dat hulle presente vir hul troeteldiere gaan koop.
  • Volgens ʼn onlangse studie in die VSA koop 15% van mense vir hulself ʼn Valentynsdag-geskenk.
  • 15% van vroue sal vir hulself blomme stuur op Valentynsdag.
  • 9,8% van mense sal die aand saam met hul vriende en familie deurbring eerder as saam met ʼn maat.
  • Blomme is een van die gewildste geskenke op Valentynsdag omdat dit vrugbaarheid, liefde, die huwelik en romanse simboliseer.
  • Ander gewilde geskenke is sjokolade, kaartjies en juwele.
  • Die eerste Valentynsdag-sjokoladeboks is reeds in 1868 deur Richard Cadbury bekendgestel.
  • 52% van geld wat op Valentynsdag in 2020 bestee word, gaan aan sjokolade en lekkers.
  • Die Nasionale Kleinhandel Federasie voorspel dat 190 miljoen kaartjies op dié dag uitgeruil sal word.
  • In 2019 was 250 miljoen rose op Valentynsdag gekoop.
  • 40% van mense verkies om met ervarings in plaas van geskenke bederf te word. Veral milleniërs tussen die ouderdomme van 24 en 35 verkies om eerder iets te gaan doen as om iets te kry.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Agter die skerms..... ·

Happy Valentine’s day aan al die lesers ook. By ons werk word ook Valentine gevier. Almal het darem ‘n ietsie gekry al is dit hoe klein. Ek kan onthou toe my kinners op hoerskool was – het elke jaar vir hulle iets gestuur skool toe – net sodat hulle naam afgekondig kan word en hulle iets kry – as hulle in die aand by die huis kom dan se hulle vir my mams ons weet nie van wie dit af is nie, en ek het vir hulle net gese geniet dit, julle weet ten minste iemand hou van julle……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.