10 redes om koordbloed en -weefselstamselle vir jou baba te stoor

Argieffoto (Foto: esudroff / Pixabay)

Stamselstoring kan verskeie voordele inhou vir die gesin, insluitend die moontlikheid vir verskeie mediese behandelings en gemoedsrus. Hier is 10 redes om stamselstoring van jul baba se stamselle te oorweeg.

  1. Kollektering by geboorte is ʼn eens-in-ʼn-leeftyd-geleentheid

Naelstringbloed en -weefselstamselle word kort ná geboorte bekom. Indien dit nie gedoen word nie, word hierdie waardevolle selle weggegooi as mediese afval. Daarom is dit belangrik om die stamselle te stoor, want dit is die enigste geleenheid wat ouers het om dit direk ná geboorte te stoor, in vergelyking met ander stamselle wat enige tyd gestoor kan word. Hierdie stamselle kan differensieer in verskeie tipes seltipes en weefsel, daarom is die moontlikheid daar om dit vir verskillende kritiese siektes te kan gebruik.

  1. Potensiaal vir toekomstige mediese behandelings

Koordbloedstamselle word gebruik in die behandeling van meer as 80 bloedverwante siektes. Die selle is meer naïef, het meer potensiaal vir hernuwing en groei, het minder skade van die omgewing, kan direk vir die kindjie self gebruik word en is onmiddellik beskikbaar (in teenstelling met ander nie-koord-tipe stamselle).

Een van die primêre redes om jul baba se koordweefselstamselle by geboorte te stoor, is die vermoë om dit in die toekoms vir kritiese siektes te gebruik. Dit sluit in siektes soos outisme, hartafwykings, breinverlamming (cerebral palsy), spiersiektes, en baie meer.

  1. Lae risiko

Daar is werklik geen risiko nie. Die insamelingsproses is heeltemal veilig vir moeder en baba en behels slegs ʼn paar minute kort ná geboorte vir die kolleksie. Selfs vertraagde koordklemming kan gedoen word. Die kriogeniese storing is ook heeltemal veilig en betroubaar, selfs in die geval van ʼn rampsituasie, sal jou baba se stamselle veilig gestoor word tot jy dit benodig.

  1. Goedkoop opsies

Hoewel dit op die oog af duur klink vir baie ouers, is die opsie om verskeie lewensgevaarlike siektes in die toekoms te behandel, van onskatbare waarde. CryoSave maak stamselstoring bekostigbaar vir gesinne en bied verskillende betalingsplanne en buigsame paaiement-opsies wat ouers se sak sal pas.

  1. Verseker jou kind se toekomstige gesondheid

Die afgelope paar dekades het stamselterapie baie vinnig ontwikkel en sal volgehou word in die toekoms. Mens kan nie beplan vir toekomstige ongelukke of siektes wat die gesin kan tref nie. Die storing van die baba se stamselle mag potensiële versekering verleen vir die toekomstige gesondheid van die hele gesin.

  1. Gemoedrus

Dit bied gemoedsrus dat die stamselle onmiddellik beskikbaar is vir moontlike stamselterapie wanneer die gesin dit mag benodig. Die soektog na ʼn skenker word dus verwyder.

  1. Voordelig vir die hele gesin

Die koordbloedstamselle kan in die meeste gevalle vir die kindjie self gebruik word, of daar is ʼn 25%-kans om dit vir ʼn sussie of boetie te gebruik. Ouers het ʼn 50%-kans van gebruik.

  1. Die gebruik van stamselle verhoog in die bevolking

Die koordbloodstamsel-mark groei teen 16% weens die verhoogde bewuswording oor die behandeling van verskeie mediese toestande. Koordbloed en koordweefselstamselle is ook al getoets vir ander siektes soos byvoorbeeld diabetes, hartaanvalle, senuweebeskadiging, spierverwante siektes, ens. Hierdie stamselbehandelings is nog nie volkome goedgekeur vir behandeling deur reguleerders nie.

  1. Uitnemende prosesseringstandaarde in CryoSave se hoogs aangeskrewe fasiliteit

Veiligheid is ʼn baie belangrike aspek van CryoSave se storingsfasiliteit. CryoSave het hoë standaarde vir prosessering en is geakkrediteer deur die AABB en ook ander internasionale instansies. Die kriogeniese storing is van die beste in die wêreld en die stamselle kan vir verskeie dekades gestoor word.

  1. Koordbloed en weefselstamsel-oorplantings – innovasie vir die toekoms

Die innovasie en toepassings van koordbloed en weefselstamsel-oorplantings groei daagliks en meer as 40 000 koordbloedstamsel-oorplantings is al voltooi. Daar is tans meer as 4 000 kliniese studies om die gebruik van koordbloed en koordweefselstamsel-terapie in verskeie siektes te ondersoek.

Die storing van jul baba se stamselle beteken die eerste stap is gedoen om jou kind en gesin se gesondheid te beskerm.

  • CryoSave bied die hoogste standaarde van kwaliteit en diens en ons belofte is dat ons alles in ons vermoë sal doen om die stamselle veilig te behou en te bewaar. Vir meer inligting, besoek Cryosave se webwerf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.