Hoe kies ouers die korrekte tipe koordbloedstamselbank?

Argieffoto (Foto: skalekar1992 / Pixabay)

Van die eerste besluite wat ouers moet maak is meesal die mees uitdagende. Die keuses wat ouers moet maak voor en ná geboorte van hul baba kan langtermyn gevolge inhou vir hul toekomstige gesondheid. Deesdae is een van die besluite die storing van koordbloed en -weefsel van hul pasgebore baba by geboorte. Dan moet hulle ook besluit watter tipe stamselbank hulle moet gebruik.

Daar is drie tipes stamselbanke beskikbaar: publieke stamselbank, gemeenskapstamselbank en private stamselbanke.

Publieke stamselbank

In Suid Afrika is daar geen publieke bank nie, aangesien ons staatsdiens nie ʼn fasiliteit bied vir die versameling en storing van koordbloedstamselle nie. By publieke stamselbanke betaal die staat vir alles en is die stamselle vir die hele publiek beskikbaar as die ouers dit skenk. In só ʼn geval oorhandig ouers eienaarskap en is die stamselle nie meer vir die gesin se gebruik beskikbaar nie.

Aangesien Suid Afrika nie ʼn publieke stamselbank het nie, is hierdie diens nie beskikbaar vir talle gesinne wat dit sou benodig vir moontlike lewensreddende stamselbehandeling nie. Om hierdie behoefte te bevredig, kan ouers private stamselbanke oorweeg, maar dit gaan gepaard met kostes en onderhoudsfooie. Private stamselbanke gee ouers egter die opsie om hul baba se koordbloed en -weefselstamselle vir hul eie eksklusiewe gebruik te stoor. Die opsie om privaat te bank, verseker dus dat gesinne ʼn alternatief het om hul baba se koordbloed en -weefselstamselle in Suid Afrika te stoor, afgesien van die feit dat daar geen publieke bank beskikbaar is nie.

Gemeenskapstamselbank

Indien ouers kies om hul baba se stamselle in ʼn gemeenskapstamselbank te stoor, sal hulle laer kostes betaal vir registrasie, prosessering en storing. Die tipiese periode vir storing in ʼn gemeenskapstamselbank is 10 jaar. Die groot nadeel is egter dat hulle nie eksklusief eienaarskap van die stamselle het nie.

Gemeenskapstamselbanke bied die koordbloed wat op só manier versamel is, aan almal. Dit beteken dat daar geen waarborg is dat die ouers wat vir die diens betaal het, dit vir hul eie kind of gesin beskikbaar sal hê wanneer dit benodig word nie. Publieke en gemeenskapstamselbanke werk op dieselfde beginsel: die stamselle is ʼn skenking en enigiemand wat ʼn moontlike geskikte skenker kan wees vir ʼn siek kind of persoon, mag die stamselle gebruik.

Indien die gesin dus die stamselle in die toekoms sou benodig, sal dit ongelukkig nie meer beskikbaar wees vir hul eie gebruik nie. Indien dit die geval is, moet ʼn geskikte skenker bekom word en dit hou finansiële uitdagings in. Die koste om skenkerstamselle te bekom, kan tussen R600 000 en R1 miljoen beloop. Die soektog na ʼn geskikte skenker kan boonop maande neem. Wanneer ons ʼn lewensgevaarlike siekte in so ʼn situasie in ag neem, is hierdie vertraging ʼn kritiese oponthoud vir gesinne en individue en dit laat hulle met min opsies.

Private stamselbanke

Private stamselbanke bied aan ouers die opsie om hul hele gesin se gesondheid te verseker. Die proses behels ʼn aanvanklike koste vir die versamelingstelletjie, prosessering van die koordbloed en -weefsel en die langtermyn bergingsfooi. Daar is egter buigsame betalingsplanne wat ouers se finansiële behoeftes pas. Tipiese berging is vir 20 jaar, en die fooie kan eenmalig, maandeliks of jaarliks betaal word. Dit is ook moontlik om die storingstermyn ná 20 jaar te verleng.

Die koste om jou baba se koordbloed en -weefsel privaat te stoor, moet beskou word as ʼn leeftydversekering vir die gesin se gesondheid. Dit is hoogs bekostigbaar, en is eksklusief beskikbaar vir die baba self en vir die hele gesin. Die moontlikheid dat ʼn boetie of sussie dit kan gebruik is 25% en vir ouers is dit 50%. Die stamselle is dus onmiddellik beskikbaar in geval van ʼn goedgekeurde mediese oorplanting. Dit verhoog die potensiaal en waarde van die private stamselstoring vir die gesin se moontlike gebruik in die toekoms vir behandeling.

  • CryoSave is jou toegewyde vooraanstaande private familiestamselbank. Ons stamselprodukte word eksklusief gestoor vir die gesin se gebruik. Ons fokus is om die hoogste kwaliteit diens en onderhoud van jou kind se kosbare stamselle te verseker. Vir meer inligting, besoek Cryosave se webwerf

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.